Banana Republic Bullshit

Oktober 7, 2008 in Sonder kategorie

Aldus Max du Preez in die nuuste uitgawe van Noseweek.

In sy brief aan Pallo Jordan op bladsy 10.

Verwysende na die chaos by die nasionale biblioteek  ” …  the leading national library and information centre of excellence in Africa and the world …”  dis nou die verklaarde visie van die biblioteek… en ek het so verdomde gly aan “mission and vision statements”

Vintage Max du Preez, tans waarnemende redakteur van sy gunsteling tydskrif… myne ook .. die Noseweek.  www.noseweek.co.za

Hy skryf oa. aan Pallo: “When we met 21 years ago, you were still in exile and I thought that one day you would make a brilliant minister in charge of our arts and culture.”
 
Slotparagraaf :

“Fire the fool, Pallo, this is banana republic bullshit.
Better, why don’t you do the honourable thing and fire yourself”

Hierdie maand is die hele tydskrif vermaaklike leesstof, wat eintlik ‘n tragiese situasie is.

Op bladsy 22 is die storie van ‘n boereverneukery.

Bok Pretorius van ABSA Trust wat ‘n ou wewenaar, Koos Bleker, pleinweg bedonner van A tot Z.
Bok se medeskelms is ene Johan Marais ook van ABSA, wat baie bekwaam bygestaan word deur die prokureurs Jan S de Villiers…. om ‘n eenvoudige wewenaar uit sy geld te verneuk.  Pateties !  Om die minste te sê
.
Die les is eenvoudig … as jy enige besigheid het met ABSA Trust, dis nou hulle boedel afdeling.. wat dit daar weg, hulle bedonner jou van A tot Z. Aldus die Noseweek.

Eerste Nasionale Bank maak ook hulle gebruiklike verskyning….  op bladsy 25 is die storie van hoe hulle  ‘n pensioenaris met R 1000 bedonner het…. die pensioenaris is 84 en bank al 50 jaar lank met hulle ( eers Barclays en later ENB). 

“Kind way of telling your client of five decades to bugger off”

Ouens soos FW wat so graag lofliedere sing  kan gerus die artikel op bladsy 12 lees.
‘White elephant country” , die PBMR kernreaktor , sou R 847 000 000 gekos het, maar nou 
‘n skamele R 31 900 000 000. 

Of die FIFA wêreld beker wat volgens  Ngconde Balfour in 2003 net R 2 300 000 000 sou gekos het, en nou  R 23 000 000 000 , ja , dis 10 keer meer gaan kos.

“Unfortunately, no one in authority, except Helen Zille, had the courage to call for a less grandiose plan before we’d spent most of the money.”

Ensovoorts.

Looi hulle Max !

2 antwoorde op Banana Republic Bullshit

  1. oo fikkies , oooo , ek beter ‘n noseweek lees

  2. Ceara het gesê op Oktober 8, 2008

    Klink asof dit beslis die moeite werd is as ‘n tydskrif.. en die hemel weet daar is nie baie van hulle nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.