Straat fights en so aan

Oktober 6, 2008 in Sonder kategorie

Een keer het iemand my vreeslik hard gemoer. Lights out !

Ek kan nie veel van die fight onthou nie. Die eerste hou teen my bek, of sal ek sê kakebeen, het my neergevel. Die outjie wat my gepos het, het toe maar aangegaan en sokker gespeel met my kop. Die randsteen was die doelpale, en hy het my kop hard genoeg daarteen vas geskop dat ek mos gaan vir steke … . nadat ek wakker geword het …

Ek weet nie eers wie my gemoer het nie, ten minste was my kakebeen nie gebreek nie, al my tande nog vas, ….. ok, vir omtrent 3 weke of so was als te seer om reg te eet, en het ek kliphard probeer onthou wie my so toegetakel het …. een ding is seker, in daai omgewing en by daai  kroeg vat ek geen kanse nie, trouens ek gaan nie eers meer soontoe nie. En dit was nie in Gansbaai nie.

Ek weet wel dat ek moeilikheid gesoek het, en ook dat ek teen daai tyd van die baie vroëe oggend ook al redelik diep in die bottel gekyk het.

Petrus het nog al sy tande en hou ook nie van ‘n seer bek nie. Ook nie van verpleegsters wat hom martel met naalde en garing nie.. terwyl hulle hom uitvreet oor hy op sy ouderdom in straat fights betrokke raak nie.

Wat my nou by die eintlike redenasie uitbring …

Hoekom word mense gedonner…

Moontlike redes :

1. Jy lê aan by ‘n jaloerse, dog groot en sterk ou se meisie.

2. Jy vertel die ou dat …………….. is ‘n vreeslike swak rugbyspan en dat ………………. is nie ‘n Springbok se gat nie.

3. Jy stamp sy brandewyn en coke om.

4. Jy is self warm en vertel vir hom iets oor sy ma se e-pos

5. Jou pêlle maak onverantwoordelike stellings teenoor groot, sterk en wrede ouens en in die daaropvolgende gebeure is jy “collateral  damage”

6. Ensovoorts.

Vul maar self die spasies in.

Punt is, daar is baie moontlike redes, sou die slaner natuurlik in die hof beland ( onwaarskynlik maar moontlik), sal hy skuldig wees tensy hy in noodweer opgetree het.

Erge provokasie kan soms as versagtende omstandighede genoem word.

Dikwels is daar ook gevalle waar daar geen provokasie was nie, en soms moet ‘n mens in ‘n situasie waar jy duidelik sien jy gaan seerkry, nie aan die vloek en skel gaan nie.

Somes egter, is jy nie die oorsaak daarvan dat jy gemoer word nie. Maar selfs al het jy nou gevloek, die ou se girl aan die boud geknyp het, jou ligte op bright gegooi het ens ens, is dit verseker nie reg dat jy met ‘n bofbal kolf papgeslaan word nie… of dat jou kop deur ‘n aspirant Naas “geplace” word nie.

As Afrikaan nou iewers op Sê melding maak daarvan dat  sommige boere wel  hulle werkers gevloek, beledig of te na gekom het, probeer hy seker nie daarmee goedkeuring aan plaasmoorde verleen nie.

In verreweg die meeste gevalle van plaasmoorde is dit nie die boer se eie werkers wat hom vermoor nie. Trouens , Die Rapport het Sondag berig oor die plaaswerker wat oor ‘n draad gespring het om sonder enige wapen ‘n leeu van sy baas dogtertjie te verwilder. Dapper man.  En 3 weke gelede het ‘n ander plaaswerker in Namibië ‘n leeu van sy baas af geskiet.

Gee huishoudelike dispute soms aanleiding tot moord ?

Macho dronk en/of gerookte outjies wat rondry en moeilikheid soek ?

Gee loon dispute soms aanleiding tot moord ?

Of beledigings en vloekery ? aanranding ?

Regverdig enige van bogenoemde moord ?   Natuurlik nie.

Daar is baie aanleidende oorsake, en rassistiese en opruinde uitlatings van politici is ook redes.  Regte haatspraak dus, nie beuselagtihede oor die bipolêre toestand nie.

Gewone misdadigheid is ook ‘n oorsaak.

Daarom is ek verbaas oor die onlogiese/moedswillige/swaksinnige redenasies wat mens op hierdie blogs raakloop.

Veral van mense wat eintlik van beter weet…  dan besef mens die redenasie is “kennelik” oneerlik.

11 antwoorde op Straat fights en so aan

  1. hacjones het gesê op Oktober 6, 2008

    Jy vergeet van die grootste rede vir ‘n bloedbek in ‘n kroeg “Wat kyk jy!”

  2. Ceara het gesê op Oktober 6, 2008

    Hierdie is ‘n briljante skrywe PP.

    Vreeslik jammer oor die steke… en ja, bly weg van die plek waar dit gebeur het :-).

  3. Ceara het gesê op Oktober 6, 2008

    NS: wat gebeur as jy iemand se brandewyn en coke per ongeluk omgestamp het?

  4. Vetjan het gesê op Oktober 6, 2008

    Lorinda die steke was niks nie. Die ergste van die betrokke insident was die verpleegster se preek waarna ek noodgedwonge moes luister.

  5. Vetjan het gesê op Oktober 6, 2008

    HJ, dit ook, natuurlik ja.

  6. Vetjan het gesê op Oktober 6, 2008

    Lorinda, intensie is soms irrelevant… gewoonlik darem sal die ou jou toelaat om vir hom en al sy maters nuwe brandewyn en coke te koop.

  7. Vetjan het gesê op Oktober 6, 2008

    Hi Krok, Cell C is nog besig om “ondersoek in te stel”. Ons wag maar en sien.

  8. loudavisi het gesê op Oktober 7, 2008

    Ek kan glad nie geweld verstaan nie.
    Het geleer om konfrontasie diplomaties met woorde op te los.

  9. Vetjan het gesê op Oktober 7, 2008

    Lou, as meer mense maar geweld met diplomasie kon vermy.

  10. petrus ek dink gebruik die traditional weapon vir liefde en nie vuis oorlog ou maat ….

  11. Vetjan het gesê op Oktober 7, 2008

    Pruimtwak, met ander woorde … steek…. maar nie met ‘n mes nie ?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.