Aluta Continua Cell C
Oktober 31, 2008 in Sonder kategorie
Miskien onthou julle van my stryd met Cell C oor die selfoon rekening uit die hel.
Die een van amper R 11 000 met ‘n item van oa. R 7790.36 onder die hoof ” GPRS while Roaming”.
Genadiglik het ek die bank sover gekry om die R 10 962 om te swaai , en het die debietorder ten gunste van Cell C gekanselleer, maar ek het hulle wel R 3500 betaal vir die wis en die onwis, net om seker te maak my kant is skoon terwyl ek ‘n bestendige een rigting e pos en faks veldtog met hulle voer.
Een rigting want hulle antwoord nie, hulle het wel my uitgaande diens op die 20 ste gesny oor die nie-betaling van die volle R 11 000 rekening. Ek kan nog inkomende oproepe ontvang.. veronderstel mens moet dankbaar wees.
Gister, na 4 weke, stuur Pam Viola Madlakamela toe jou wrintiewaar ‘n e possie , hier is hy
Good Day.
Thank you for contacting Cell C.
Kindly be advised that your faxes & emails were received. We are currently working on your query with our IT Department.
Should you have further queries, please contact customer services.
Regards
Pam Viola Madlakamela
Client Liaison Consultant
Cell C (Pty) Ltd
Nou kyk, sedert 1 Oktober het ek BAIE e posse vir hulle gestuur, BAIE BAIE.
In een van hulle het ek doodonskuldig die volgende vraag gevra
Dear Cell C
My questions again :
Your Cell C GPRS – Internet service has reference.
Questions :
1. Does cell C have a data roaming ( GPRS internet) service agreement in Mozambique.
2. If yes, what is the cost per megabyte of data.
3. If no, please confirm that you do not have a GPRS internet roaming agreement with a service provider in Mozambique, and also advise if such an agreement will be contemplated at some future date.
regards
Petrus Pap
Vandag kry ek toe hierdie absolute juweel van ‘n antwoord :
Dear Mr Petrus Pap
Kindly be advised that we currently don’t have GPRS internet roaming abroad also including Mozambique. Please note that it is not yet confirmed when it will be launched or available.
Thank you
For any further assistance feel free to email us at [email protected]
Regards
Richard Makwara
Client Liaison Consultant
Hahaha , wat kan ek sê anders as dat ou Richard my held is !!!
Aangesien Cell C nie ‘n “GPRS internet roaming” diens of ooreenkoms in Mosambiek het nie, volg dit seker dat hulle my nie daarvoor kan laat betaal nie ??
Hau, eish! g’n wonder dit gaan maar sokkel sokkel daarso by die Cell C IT afdeling nie.
What next ?
Onlangse kommentare