Jy blaai in die argief vir 2008 September.

‘n Dorp in Oostenryk

September 18, 2008 in Sonder kategorie

Die koerantmanne in Engeland het nou wel opgeslip, Oostenryk is nie Duitsland nie.

Dit verander nie die feit dat hierdie dorp ‘n ietwat ongelukkige naam het nie….. of is dit dalk ‘n gelukkige naam?

NIE SO VINNIG NIE , ASSEBLIEF !!

If a Streetcar’s name can be desire, then I suppose a town’s name …………..

TWEELYN GEDIGTE KOMPETISIE

September 18, 2008 in Sonder kategorie

 

WASHINGTON POST TWO LINE RHYME COMPETITION :

ASKING FOR A TWO-LINE RHYME

WITH THE MOST ROMANTIC FIRST LINE,
AND THE
LEAST ROMANTIC SECOND LINE:
1. My darling, my lover, my beautiful wife: Marrying you has screwed up my life. 2. I see your face when I am dreaming. That's why I always wake up
screaming.
3.. Kind, intelligent, loving and
hot; This describes everything you are not. 4. Love may be beautiful,
love may be bliss, But I only slept with you
'cause I was pissed. 5. I thought that I could love no other -- that
is until I met your brother. 6. Roses are red, violets are blue, sugar is sweet, and so are you. But the
roses are wilting, the violets are dead, the sugar bowl's empty and so is your
head. 7. I want to feel your sweet embrace, But
don't take that paper bag off your face. 8. I love your smile, your face, and your eyes Damn, I'm good at telling
lies! 9. My love, you take my breath away. What have you stepped in to smell this
way? 10. My feelings for you
no words can tell, Except for maybe 'Go to
hell.' 11. What inspired this amorous rhyme? Two parts vodka, one part lime.
WHO SAID POETRY IS BORING

 

Koos Kombuis se Engelse blog

September 17, 2008 in Sonder kategorie

Die een waar hy oor oom Angus skryf is hier :

http://blogs.24.com/ViewBlog.aspx?blogid=11441175-d316-4815-a3fc-89879edc0dba

Ek het nie eers geweet Koos het ‘n engelse blog nie.

Dit is ook heelwaarskynlik beter om die blog actually te gaan lees voordat mens allerhande menings daaroor uitspreek.

Nou ja, ek dink dis nogal snaaks, maar natuurlik gaan dit ‘n klomp mense ontstel.

Uitsluitsel MRK

September 17, 2008 in Sonder kategorie

Het ou Jody nou al sovêr gekom om Koos Kombuis se korterige bloginskrywing te lees ?

En sy maaind op te maak? Het hy ‘n maaind?

Of het die MRK nou eers ‘n helse sub komitee aangestel om die betrokke paragrafie onder ‘n mikroskoop te plaas, en gaan nou eers vir dae en weke lank beraadslaag om vas te stel of dit nou wel haatspraak was of nie?

Wat gaan aan?

Hierdie is seker die mees bisarre voorval in die bestaan van Litnet.

Selfs meer so as mense wat elke 30 minute fotos van kalerige film sterretjies pos. 

Nog meer baie ou graffiti

September 16, 2008 in Sonder kategorie

 Steeds Twyfelfontein.

Baie Ou Graffiti

September 15, 2008 in Sonder kategorie

6000 jaar oud…give or take.

Twyfelfontein.

Meer as 2000 tekeninge in klip gekerf.

Olifant.

Die kunstenaar se “handtekening” is weerskante van die kameelperd se nek.

In die Hoarisib riverloop is leeus, nee, ek het nie fotos van hulle daar nie, en ja, volgende jaar ….

Die dak is van ou dromme gemaak. Goeie argitek.

Verder Suid.

In aansluiting by Lorinda se hedendaagse graffiti.

Volmaan

September 14, 2008 in Sonder kategorie

Die Sarah Baartman het gister kom patrolleer, dit is volmaan.

Gisteraand, maar die maan is vanaand nog steeds so, net meer wolke en wind.

Na die storm en voor die storm

September 13, 2008 in Sonder kategorie

Vandag is ‘n perfekte lente dag hier amper op die Suidpunt.

Opruimingswerk na die groot storm van twee weke gelede is nog nie alles klaar nie… en more tref ‘n nuwe koue front alweer.

Nie naastenby so erg as die vorige groot storm nie, maar ek hoop almal geniet hierdie baie mooi lente dag.

Kleinbaai

Die rooi lyn  wys tot waar die grasperk gekom het voor die storm.

Die swart goed wat oorals rondlê is see bamboes. Die golwe het dit daar opegespoel waar dit nou lê.

Hierdie outjies verstaan baie mooi wat mens op ‘n dag soos vandag moet doen.

Lekker dag almal

Smokkel aand

September 12, 2008 in Sonder kategorie

Die see is vanaand mooi. Dis 20 oor elf, en die smokkelbote het so pas begin werk.

Seevisserye se patrollie boot is gister vort, maar toe die see onstuimig was, was hulle vir 3 dae hier.

Vanaand is die see mooi, die smokkelaars is aan die gang, en die patrollie boot is weg.

Weird.

Kompulsief en bipolêr

September 10, 2008 in Sonder kategorie

Is mens ‘n kompulsiewe blogger as jy dan nie vir die Litnet seminaar gewag het nie, en gou op wikipedia gaan kyk het wat op aarde is “bipolar disorder”.

Lyk vir my na ‘n deinserige toestand… vergelykbaar met rugpyn.

Rugpyn kan ‘n baie ernstige probleem wees, maar net soos rugpyn kan dit totaal misbruik word deur ‘n kansvatter.

Geen dokter kan ooit vir jou sê jy het nie rugpyn nie.

Aan die anderkant is dit dikwels onmoontlik om te bewys dat jy wel rugpyn ket.. ok, ‘n chiropraktisyn sal jou Xtrale kyk , en al het jy nie rugpyn nie, sal hy dadelik vir jou vertel jy HET rugpyn.

Hoe meet hulle ‘n chemiese wanbalans in jou brein?

Of diagnoseer hulle maar net simptome?

Koos het gesê, mens wat KWANSUIS bipolêr is.

Hy het nie gesê mense wat bipolêr is nie, en miskien het iemand hom die vorige nag/oggend op ‘n godverlate uur wakker gebel……. toe blog hy maar terwyl hy moerig was.

Wat ek myself nou in alle erns begin afvra is dit : Wat de hel makeer jou dat jy iets wil blog oor sulke stront?