20 Mense

September 26, 2008 in Sonder kategorie

Dis getal wat vanaand 6 uur opgedaag het by die briljante kitaar vertoning van Ben Badenhorst en Johan Rautenbach.

Ben is veronderstel om tegnies die vaardigste kitaar speler in die RSA te wees, ek weet nie genoeg van kitaarspel af nie, maar beter het ek nog nooit gehoor nie. Nie hier nie , en ook nie oorsee nie.

Om die twee se samspel te sien, of liewer te sit en luister is iets besonders, in Spanje het ek nog nie beter Flamenco gehoor nie, en in New Orleans nie beter Jazz of Blues nie, en die elektriese kitaarspel met die “micro tones” of watookal is weer iets heeltemal anders.

Dis net toevallig dat ek die vertoning hoegenaamd bygewoon het.. maar wat ‘n louter plesier was dit nie.

Die akapella groep Adamsappel het daarna opgetree. sure ek het maar weer geld gevat en gaan betaal, ook uit die boonste rakke…..

www.adamsappel.co.za

Daar is 2 songs wat jy kan aflaai en luister. Doen dit maar.

Kan net nie verstaan hoekom daar so min mense na sulke briljante aanbiedings gaan kyk/luister nie.

WTF
 

6 antwoorde op 20 Mense

  1. Ceara het gesê op September 26, 2008

    Dit klink baie mooi PP, ek wonder waarom was daar nie meer mense nie…dalk moet hulle na die bemarking kyk…
    Maar dit is gewoonlik die wonderlike dinge waarop ons per toeval afkom wat ons bybly.

  2. Vetjan het gesê op September 26, 2008

    Hi Lorinda, jy is reg. Die bemarking was nie goed genoeg nie, en ek het amper nie gegaan nie, bloot omdat ek nie die “civic theatre” in Hermanus kon kry nie, en dit ook nie ge “signpost” was nie, en die ouditorium goed versteek is langs die munisipale geboue.. mens moet nogal soek om dit te kry.

  3. Vetjan het gesê op September 27, 2008

    Hi Krok, die “kerk bazaar” gedeelte van alles “feeste” is maar dieselfde. ‘n hotdog is ‘n hotdog.

    Wat wel die moeite werd is, is dat mens gehalte musiek uitvoerings kan bywoon.Die Dire Staits tribute band het nie teleurgestel nie, en na hulle vertoning het Karen Zoid in die ou hawe gesing… was als die moeite werd. Ek het nie na Eddie Eckstein en die Bats gaan kyk nie, nie my smaak nie, Eddie is seker gewild onder die hermanus souties, maar nee dankie, nie vir my nie. Fokken biltong en pot roast .. vaktap.

  4. Ant Sussa kan jou wel vertel. Die organiseerders is meer bekommerd oor die hoeveelheid karre in die dorp as om die vertonings te bemark.

  5. Vetjan het gesê op September 30, 2008

    Ant Sussa, omdat die organiseerders die gelag moet betaal wil hulle self bittergraag meer mense by die vertonings hê. Ek dink nie hulle het besef dat hulle meer en beter reklame moes gemaak het nie, op ‘n stadium het ek naby die fees voorsitter gestaan en hoor hoe hy steen en been kla oor die swak bywoning.

  6. Vetjan het gesê op September 30, 2008

    Good luck met die swottings Krok!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.