Walvisfees vandag

September 24, 2008 in Sonder kategorie

Erfenisdag, braaidag en nie eintlik ‘n werksdag nie.

Daar is baie walvisse in Walkerbaai, en die walvis fees het vandag begin.

In die ou hawe was die “slofish” kompetisie ‘n mislukking, maar ek het wel van die abagold perlemoen plaas se gedroogde -herkonstitieerde perlemoen geproe….. kak resep.

Verder is dit onduidelik wie aan die kompetisie deelgeneem het ……….. maar hulle het by die kroeg daar onder baie rojale glasies Drosdy Hof Claret select getap, en die musikante oorkant op die verhoog het mooi gesing….

Die weer gaan ook net beter raak na die naweek toe.

5 antwoorde op Walvisfees vandag

  1. Ceara het gesê op September 24, 2008

    Petrus, wat is ‘n slofish kompetisie?

  2. Izakdv het gesê op September 24, 2008

    My vrou het volstrek geweier om te braai, net om otherwise te wees.
    Ek was maar bly, want dit was vrek koud!
    izak

  3. Vetjan het gesê op September 24, 2008

    Lorinda dit was veronderstel om ‘n soort seekos gaarmaak kompetisie te wees.. die “catch word” is mos ” slow food ” teenoor “fast food” , en ek veronderstel hulle wou nie regtig vis en chips daar gehad het nie, ongelukkig het niemand toe daar ‘n snoek of galjoen of enige ding gaan braai nie, iemand het ‘n pot mossels gekook , en iemand anders het die pot met perlemoen gekook… verder was daar nie deelnemers wat mens kon raaksien nie.

  4. Vetjan het gesê op September 24, 2008

    Izak, ter wille van die spangees het ek vanaand vleis gebraai, maar ek het ‘n dik jas aangehad en naby die vuur gestaan.

  5. Julle is sooo gelukkig om daarnaby te bly!!!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.