Politiek

September 23, 2008 in Sonder kategorie

Hierdie blog se tema was eintlik veronderstel om oefening, verslanking en allerhande sulke gesonde goed te wees. … the road to hell is paved with good intentions.

Aangesien ek nou al vir ‘n geruime tyd afwyk van my eie verklaarde voornemens en beginsels, kan ek seker iets sê oor die huidige “interesting times”.

Spesifiek wie het bedank , en wie het nie. 11 ministers en 3 adjunkte.

Trevor Manuel, dis baie jammer Trevor het bedank, hy was myns insiens knap.

Sal die rand fyn dophou.. sal interresant wees om te sien hoe die valutamark reageer op Manuel se bedanking.

Mbeki se vriende die Pahads… cheerio boys, not sad to see you go.

Alec Irwin.. goeie move, baai baai.

“Terror” Lekota , hy was eintlik nie so sleg nie, maar ook nie eintlik so goed nie. Tog praat hy baie goeie afrikaans as hy wil. 

Kortbroek … nee Kortbroek het nie bedank nie, hoekom sal hy,  het mooi geleer om sy mantel na die wind te draai, en minister is ‘n baie lekker joppie.

Daar sal geen uittog van voormalige NP lede wees nie, die Gaums en Beukmans, en Hennie Smitte en daai eens stoere NP manne, Broeders, en ruiterwagte, weet waar hulle brood gebotter is .

Ons minister van ongesondheid sal ook nie bedank nie, sy kan altyd nog vir Mbeki in sy paleis gaan kuier en ‘n paar knertsies maak.

Oor Mangena, Didiza en Mufamadi weet ek eintlik nie genoeg nie so ek sal maar my bek hou.

‘n Hele klomp mense gaan nou seker begin “panic attacks’ kry en wil emigreer en so aan, maar Petrus Pap is gewoond aan Afrika, laaik dit hier, en wil, nie in ‘n ander land gaan bly nie… as die see water is Namibië nie so blêddie koud was nie, sou ek nogal daar kon bly, en Mosambiek sal eintlik fanstasties wees… maar wie wil nou rêrig op ‘n ander plek loop bly as jy in die Strandveld kan bly.

8 antwoorde op Politiek

  1. Ceara het gesê op September 23, 2008

    Baie interessant, ek wonder wie Manuel gaan vervang?

  2. Ceara het gesê op September 23, 2008

    PS: Net as a point of interest, aan hierdie kant gaan Gordon Brown ook vanmiddag vir sy politieke lewe baklei.

  3. Miskien moet jy vir my ‘n lekker staanplek loop soek daar naby jou…Ek is mal oor die inskrywing. Politiek maar wat lekker lees…Oor die karavaan staanplek is ek ernstig…ou Pieter Pieterse was mos altyd my hero…

  4. Petrus, almal het gekla dat onse regering ons die verderf in lei. Nou moet ons glo die regte mense sal die leisels oorneem.

  5. Vetjan het gesê op September 23, 2008

    Ant Sussa, miskien is Zuma die ware Jakob.

  6. Vetjan het gesê op September 23, 2008

    Hi Ludwig, jy sal nogal hou van die omgewing en jy kan selfs jou karavaan doer anderkant by Die Damme gaan trek. En anderkant die Ratel rivier mag ‘n mens mos duik !

  7. Vetjan het gesê op September 23, 2008

    Hi Lorinda, en hulle het Blair so rukkie terug uitgeskop. Nou weer Brown se beurt.. ons sal sien.

    Ek hoop Tokyo Sexwale gaan ‘n aanbeveling doen oor die nuwe minister van finasies.

  8. Vetjan het gesê op September 23, 2008

    Hi Achilles, jy is reg, sal baie interresant wees om te sien wat gebeur.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.