Walvisfees 24 -28 September

September 22, 2008 in Sonder kategorie

Die plakkate is seker al twee weke lank teen die pale opgeplak, maar ek het eers Saterdag die goed gelees. Die web werf verskyn daarop.

www.whalefestival.co.za

Ek sien die fees begin sommer oormôre al, Woensdag tot Sondag. Ek dink amper die fees is korter as vantevore, maar ek kan ook onthou dat die fees al eintlik te groot geraak het , en van die shows nie regtig sulke geweldige aftrek gekry het nie.

Spesifiek een jaar het ek geweldig uitgesien na ‘n Kerkorrel optrede, wat wel plaasgevind het, maar …… die opkoms was swak, en JK was nie ‘n happy chappy nie.

Hy het deur die performance geworstel.. en die optrede was ‘n regte ou pap wiel optrede… anders as die keer in Grahamstad rondom 88 of daar rond.. wat briljant was!

Op die regte aand op die regte plek kan ‘n show in Hermanus kwaai wees. Ek kan nou nie onthou of dit Beatlemania of Sixtysomething was nie, maar het een jaar ‘n fantastiese weergawe van Bakerstreet geniet. Die vertoning was in die skoolsaal.

Hierdie jaar is daar definitief minder optredes. Hulle het die Bats iewers uitgegrawe….. maar die een item wat my prikkel is die een:

Vrydagmiddag gaan daar seker ‘n redelike traffic  jam oor die berg wees.. so be it.

Terloops, ‘n maand later, 23- 26 Oktober, is dit die Haai fees in Gansbaai.

6 antwoorde op Walvisfees 24 -28 September

  1. Ou-Top het gesê op September 22, 2008

    Petrus, ek kuier gereeld hier en wil vandag darem sê dis leersaam, dis interessant, dis nugtere denke en redenasies. Vir my as binnelander n fees om hier te wees met al jou fotos en akkurate inligting. Wat van iets oor daai ouens wat die toeriste in n draadhok laat sak tussen die “Great Whites”, ek verstaan net so min oor hoekom as wat ek verstaan hoekom Koos nou oor bipolo iets wou skryf.

  2. Ceara het gesê op September 22, 2008

    Gaan jy na die Dire Straits tribute kyk?

  3. Vetjan het gesê op September 22, 2008

    Haai Ou Top 🙂
    ‘n Great white is maar ‘n roof dier, en die top roof dier van die see.. soos ‘n leeu op land. Nogal iets om te sien. Beter buite die hok, maar dit val nie in almal se smaak nie.

  4. Vetjan het gesê op September 22, 2008

    Hi Lorinda, ek dink beslis dat Saterdagaand is Dire Straits aand.

  5. Ai dis jammer ek sou so graag die Dire Straights tribute wou sien. Hoe was dit?

  6. Vetjan het gesê op September 23, 2008

    Piccolo, ek weet nie, dis eers Saterdagaand.. so daar is nog tyd 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.