Uitsluitsel MRK

September 17, 2008 in Sonder kategorie

Het ou Jody nou al sovêr gekom om Koos Kombuis se korterige bloginskrywing te lees ?

En sy maaind op te maak? Het hy ‘n maaind?

Of het die MRK nou eers ‘n helse sub komitee aangestel om die betrokke paragrafie onder ‘n mikroskoop te plaas, en gaan nou eers vir dae en weke lank beraadslaag om vas te stel of dit nou wel haatspraak was of nie?

Wat gaan aan?

Hierdie is seker die mees bisarre voorval in die bestaan van Litnet.

Selfs meer so as mense wat elke 30 minute fotos van kalerige film sterretjies pos. 

6 antwoorde op Uitsluitsel MRK

  1. Petrus jou foto’s v ou graffiti is wonderlik (soos gewoonlik)
    Stem oor jou sentimente hier.

  2. Ceara het gesê op September 17, 2008

    Dit is inderdaad ‘n eienaardige besigheid, ek kan kan nie glo dit het so ver gegaan nie.

  3. Dit het nou verander na vliegtuie!

  4. Vetjan het gesê op September 17, 2008

    Sarel, thanks.

  5. Vetjan het gesê op September 17, 2008

    Hi Lorinda, ja, Deon Knobel vergelyk Koos se “haatspraak” met kinder verkragting. Sy redenasie is dat as iemand jou kind verkrag het dan kan jy nie die klagte terug trek nie.. al sê die persoon sorry.

    Absurde vergelyking… ek wonder nou wanneer die MRK die klagte uitgooi… gaan Deon vir Koos om verskoning vra?

    Absurd.

  6. Ceara het gesê op September 17, 2008

    Wat??!! Daardie vergelyking vertel nogal baie en het niks met logika te doen nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.