Na die storm en voor die storm

September 13, 2008 in Sonder kategorie

Vandag is ‘n perfekte lente dag hier amper op die Suidpunt.

Opruimingswerk na die groot storm van twee weke gelede is nog nie alles klaar nie… en more tref ‘n nuwe koue front alweer.

Nie naastenby so erg as die vorige groot storm nie, maar ek hoop almal geniet hierdie baie mooi lente dag.

Kleinbaai

Die rooi lyn  wys tot waar die grasperk gekom het voor die storm.

Die swart goed wat oorals rondlê is see bamboes. Die golwe het dit daar opegespoel waar dit nou lê.

Hierdie outjies verstaan baie mooi wat mens op ‘n dag soos vandag moet doen.

Lekker dag almal

11 antwoorde op Na die storm en voor die storm

  1. Ceara het gesê op September 13, 2008

    Baie mooi fotos. Die see is ‘n lieflike kleur! Die water het ver uitgespoel met die storm.

  2. Vetjan het gesê op September 13, 2008

    Die kleure is vandag helder, en met genoeg reen sal die gras ook weer regkom.

  3. Was hectic oral Kaapse kus. Branders oor trawlers in jawe o.a.

  4. Vetjan het gesê op September 13, 2008

    Hey Sarel , is jy terug op die dorp ?

  5. Viswyf het gesê op September 13, 2008

    Jy maak my jaloers.Pragtige fotos maar dis ongelooflik van al die storms wat ons planeetjie trek deesdae. ek wonder of dit is oor ons mense so stout is?
    Viswyf

  6. Vetjan het gesê op September 13, 2008

    Flentergat, dit is ‘n mooi dag sowaar.

  7. Vetjan het gesê op September 13, 2008

    Vissie, nee wat, as ek agterkom dat oom Angus ‘n ark bou, dan moet ons miskien begin worry.

    Gelukkig ken ek self ‘n paar kranige bootbouers, en vir ‘n kinkie kwaadkat soos jyself sal daar altyd ‘n plekkie op my boot wees 🙂

  8. Wat ‘n voorreg om in so ‘n mooi omgewing te woon, as ek jy is sit ek heeldag buite en los die blogging…lol.
    Lekker naweek Petrus.

  9. Vetjan het gesê op September 13, 2008

    Max, jy is reg, tyd op my fiets op te saal.

  10. die boonste foto van kleinbaai het my hart so bietjie gewurg hier paar duisend myl weg ….

  11. Vetjan het gesê op September 14, 2008

    Pruimtwak, snaaks, die vorige eienaars van die huis net daar is in Spanje ?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.