Kompulsief en bipolêr

September 10, 2008 in Sonder kategorie

Is mens ‘n kompulsiewe blogger as jy dan nie vir die Litnet seminaar gewag het nie, en gou op wikipedia gaan kyk het wat op aarde is “bipolar disorder”.

Lyk vir my na ‘n deinserige toestand… vergelykbaar met rugpyn.

Rugpyn kan ‘n baie ernstige probleem wees, maar net soos rugpyn kan dit totaal misbruik word deur ‘n kansvatter.

Geen dokter kan ooit vir jou sê jy het nie rugpyn nie.

Aan die anderkant is dit dikwels onmoontlik om te bewys dat jy wel rugpyn ket.. ok, ‘n chiropraktisyn sal jou Xtrale kyk , en al het jy nie rugpyn nie, sal hy dadelik vir jou vertel jy HET rugpyn.

Hoe meet hulle ‘n chemiese wanbalans in jou brein?

Of diagnoseer hulle maar net simptome?

Koos het gesê, mens wat KWANSUIS bipolêr is.

Hy het nie gesê mense wat bipolêr is nie, en miskien het iemand hom die vorige nag/oggend op ‘n godverlate uur wakker gebel……. toe blog hy maar terwyl hy moerig was.

Wat ek myself nou in alle erns begin afvra is dit : Wat de hel makeer jou dat jy iets wil blog oor sulke stront?

8 antwoorde op Kompulsief en bipolêr

  1. Ceara het gesê op September 10, 2008

    Niks makeer jou nie… jou vrae is relevant. En jy is baie gelukkig PP dat jy op wikipedia moes gaan kyk wat dit is, en nie ‘n huis vol vriende het wat jou toast opeet en vir jou presies en eindeloos vertel presies wat dit is nie..:-).

  2. Petrus, die son skyn vanmore hier. Laat dit net in jou hart in skyn en dan sal jy jou ophou bekommer.

  3. Vetjan het gesê op September 11, 2008

    Hi kammakazi, interresant, in die landelike gebiede(ook townships) het die toordokter heel dikwels nog ‘n groot invloed, en is daar groot wedersydse vertoue tussen “praktisyn” en gemeenskap, wat die “praktisyn” vir hulle vertel en wat se muti hy aan hulle smous. Maar is dit geldige wetenskap?

  4. Vetjan het gesê op September 11, 2008

    Ant Sussa hier by my is dit redelik bewolk. Ek dink die naweek sal die son skyn en as die wind nie waai nie sal ek soos ‘n wafferse Tarzan rondwals op die strand dat die son op my hart kan skyn.

  5. Vetjan het gesê op September 11, 2008

    Lorinda, my innige simpatie. Ek sal maar vir jou ‘n botteltjie regte egte Mosambiek piri-piri aan stuur dat jy dit met mening op jou gaste se toast kan sprinkel as hulle te veel twak praat.

  6. Vetjan het gesê op September 11, 2008

    Presies krok, presies.

  7. Vetjan het gesê op September 11, 2008

    Hi Krok, met suikersiekte trek hulle jou bloed, doen een of ander toets op die bloed, en vertel dan vir jou jou suikersiekte is sus of so.

    In die middeleeue het hulle soms gate in ouens se skedels geboor dat die duiwels kan uit.

    Ek sou nou nie aanbeveel dat bipolêre mense soos robokop of een van daai proppe en goed agter in hulle kop kry nie… tot dusver kom dit voor dat die chemiese wanbalans nie meetbaar is nie.

    Toe ek laas gekyk het kon Deon Knobel nog nie verdere lig op die saak werp nie… en ek sien hy het al vir Koos laat weet dat hy nie goed met Koos wil bespreek waarvan Koos fokkol weet nie.(leke ens) Dus, geen uitsluitsel van enige aard nie.

  8. Vetjan het gesê op September 12, 2008

    Hi kammakazi. By die litnet seminaar kamer is daar nou al so paar bydraes.

    Die wikipedia artikel is ook baie volledig , en beskryf die diagnose, en al die verskillende variasies, ou name nuwe naam, klassifikasie ens.

    My enigste opmerking is maar dat dit wil voorkom asaf die chemiese wanbalanse in die brein klaarblyklik nie normaalweg meetbaar is nie, en dat diagnose berus op gedragswaarnemings.

    Ek stem saam dat begrip en empatie noodsaaklik is.

    Ek dink ook dis belaglik dat Deon Knobel aangegaan het en sy klagte wel by die Menseregte komissie gaan registreer het.. terwyl hy vir Koos kamtig oornooi vir koffie dat hulle kan gesels.. bizar.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.