So paar weke gelede het ek geskryf oor die gesteelde skoot rekenaartjie.
Die sluipers het nie ingebreek nie, want my deur was natuurlik half oop, nie oop soos in nie gesluit nie, maar oop oop. Ek is half min gepla oor die goed, want hulle kan maar net sowel deur vensters klouter as hulle regtig wil.
Dit is ook wat die sluipers se modus operandi was by ‘n klomp ander plekke waar hulle ingebreek het.
Klouter die die vensters, steel , sluip tot by ‘n deur, sluit oop en waai.
Laas week vang die polisie toe mos 2 van die knape, die plaaslike koerantjie berig daaroor…. en ek sit af na die polisiestasie om te gaan hoor of hulle nie dalk die gesteelde goed gekry het nie.
Die diens by die stasie was nogal goed. Ek sit in die speurder se kantoor terwyl hy die rekenaar reeksnommer nagaan, en maak seker dit is gesirkuleer Kaap toe.
Hulle het goeie leidrade waar die gesteelde goedere “gefence” word.
Hy vertel my toe dat daar blykbaar ‘n paar van die skollies was wat hulle self as “cat burglars” beskou het. “Slick operators” net soos Raffles.
Klim werk was eintlik maar beperk tot deur vensters klouter, en in hulle verkenning het die kroeks blykbaar gekyk waar die ouens redelik braai, kuier en ‘n paar …of sommer heelwat knertse maak.
Wanneer die ligte dan begin afgaan, en dit raak stil, sluip hulle nader, loer hier en daar deur ‘n venster …. kyk of ‘n deur nie dalk oop is nie, sluip stilletjies in en steel.. sommer goed wat langs die slapende lê. Beursies, selfone, laptops, indien moontlik horlosies. Alles wat klein is en maklik weg gedra kan word.
Binne ‘n dag of twee is die goed dan op pad Kaap toe, waar dit dan uiteindelik by een of ander “fence” uitkom.
Ek is nou self lus om bietjie in die Kaap te gaan soek na plekke wat “gebruikte” laptops verkoop, miskien loop ek die “laptop” daar raak? Dan weer, as hulle die hardeskyf geformat het, dan is dit tog half sinneloos, die eintlike verlies is die werk wat op die hardeskyf gelê het.
Tog, dit kan nie skade doen om klein bietjie rond te kyk nie, die keuse is tussen ‘n kans en niks nie.
Onlangse kommentare