Weskus Tsunami

Augustus 30, 2008 in Sonder kategorie

Eerste my “disclaimer”

Hierdie inskrywing het te make met wind en weer vandag, bloot omdat ons vir die volgende 24 uur abnormale toestande gaan hê, wat vir my fassinerend is. Daarby was ek skoon verbaas oor die  weskus tsunami storie.  Ok, nou weet julle.

Laas week Donderdag, 21 Aug, was  daar volgens die weerburo ‘n soort tsunami aan die Weskus.

Hulle het dit vanaf Luderitz tot by Houtbaai agtergekom, en by Lambertsbaai was die visfabriek effe onder water.

Kwart voor nege die oggend  is ‘n plesierboot, Circe, as’t ware by Houtbaai hawe “uitgesuig”

Hier is die skakel

Vir die wat belangstel in grafieke, hier is Port Nolloth se gety hoogtes. Om eerlik te wees, ek word nie veel wys uit hierdie grafiek nie, maar hier is hy in elk geval.

Eintlik het ek net gaan kyk wat die weerburo vanoggend te sê het oor die voorspelde storm.

Die Windfinder  werf gee nie net wind voorspellings en allerhande baie nuttige weerdata nie, maar ook lesings van windmeters  van verskeie plekke op ons kus.

Slangkop is die vuurtoring by Kommetjie.

Vanoggend  7 uur was die wind al hier by die 23 knope .

Môre oggend 11 uur voorspel hulle ‘n deining van 10.1 meter, en vanmiddag 5 uur ‘n windsterkte van 44 knope – so 80 km/u .

Kaappunt rapporteer weer ‘n bestendige 21.5 knope tussen  5 en 8 vm vanoggend.
Hulle voorspel  43 knope teen 14.00 en ‘n deining van 10.3 meter 11 uur môre oggend.

Die weskussers kan rustig wees.

Lambertsbaai gaan vandag piek rondom 23 knope, en die groot see gaan blykbaar eers môre middag teen 2 uur daar aankom, 8 meter deinings teenoor die 10 meter rondom die skiereiland.

Teen 2 uur  vanmiddag voorspel hulle wind van 22 knope op die Vaaldam, wat dan sal afskaal na 15 knope teen 5 uur vanmiddag.

Dit beteken dat daar seker meer wind as gewoonweg op Ellis Park (is dit dieselfde plek as Coke a cola park !?) gaan wees .
Die weerburo voorspel ‘n vars noordwester.

Hierdie laaste stukkie is net volledigheidshalwe, want as die skottel nie van die bar se dak afwaai nie, kyk ons vanmiddag rugby.

9 antwoorde op Weskus Tsunami

  1. Ceara het gesê op Augustus 30, 2008

    Petrus, hoe kon jy ‘n hele tsunami mis? 🙂

  2. Vetjan het gesê op Augustus 30, 2008

    Van te veel blog !!!!!

  3. Goeie inligting, dankie.

  4. Ou-Top het gesê op Augustus 30, 2008

    Het gaan kyk, lyk vir my dis asof die seevlak sommer skielik styg en daal ongeag of die gety nog hoog- of laagwater is. Interessant, gaan vorentoe pryse van duur huise teen die see beinvloed.

  5. Petrus (sterk naam, ek hou daarvan), die mannetjie wat my die lêptoppie kom leer het, het vir my die goedjies aan die kante opgesit, jou ant Sussa het net die kiekies opgesit van die kameratjie af.

  6. DrBraam het gesê op Augustus 30, 2008

    Die wind op Coca Cola park was toe net die klomp windgatte van Doeronder wat op hulle herrie (moer vir die onsensitiewes) gekry het.

  7. Izakdv het gesê op Augustus 31, 2008

    Toe kon jy darem die rugby kyk?
    Dis ‘n interessante storie die.
    izak

  8. ezile het gesê op Augustus 31, 2008

    Dit was nou baie interessant. Sjoe, die wind waai woes hier in Jhb ook.

  9. Vetjan het gesê op September 1, 2008

    Hi Ou Top, die ouens sal mooi moet kyk waar en hoe hulle bou voor teen die see.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.