Frustrasie

Augustus 29, 2008 in Sonder kategorie

Gisteraand terwyl ek geslaap het, het ‘n dief die huis binnegesluip en ‘n laptop van die tafel af gesteel.

Die dom idioot het nie eers die power supply gesteel nie, en alles wat by die rekenaar ingeprop was uitgeprop , en net die laptop gevat. Die laptop het so vingerafdruk skandeerder, so ‘n gebruiker moet eers sy vingerafdruk gee voor die rekenaar volledig aanskakel. Die dief sal dit mettertyd agterkom.

My emosie is nie vrees, woede of ‘n gevoel van intrusie op my persoonlike ruimte nie…. maar frustrasie en teleurstelling ….. die grootste verlies is die verlore data en werk…..

Die rekenaar het behoort aan my gas en besigheidskollega.

Ongelukkig beteken hierdie insident dat ek nou seker snags deure en vensters en sal moet toemaak en sluit… of ‘n klomp booby traps snags rondom die huis stel.. verskriklike slagysters ensovoorts.

Petrus Pap kan hom seker nie meer verder verbeel hy is Rip van Winkel nie.

Ek het net nie gedink ek slaap so vas nie.

16 antwoorde op Frustrasie

  1. ARGHHHHH!
    Dit sal my so onveilig laat voel: maar gauteng is bietjie anders as daar by julle.
    Sluit maar: ons beskawing val inmekaar, soos ‘n besmetting wat van die boonste troon tot die onderste sluiper deurtrek

  2. My hemel kan jy dit glo! Ek het al in hierdie jaar 2 keer AL my flippen kantoorinhoud moes skenk, en glo my die werk wat mens verloor is die ergste. Veral jou boeke en goed. So nou werk ek in Alcatraz. 🙁
    Sterkte daar!

  3. Dit maak my so kwaad! Hoekom moet ons sluit omdat daar crooks buite is?

  4. Ceara het gesê op Augustus 29, 2008

    Ek is so jammer Petrus. Dit sou my baie ontstel het as ek soiets moes beleef. Ek kan jou teleurstelling verstaan.

  5. As iemand my lapop moet steel…..
    Ugh!
    Elke liewe les en skedule en jaarplan en atletiek en eisteddfod en registers, ens is hier op, al my foto’s!
    Wag ek maak gou backups.
    Dankie vir die hint.

  6. Ou-Top het gesê op Augustus 29, 2008

    Petrus my suster en haar dogter is nou die aand ook so besteel terwyl hulle geslaap het. Die suster slaap baie lig, maar sy het niks gehoor nie. Polisie sê toe n interessante ding, hulle brand glo n cd en laat die rook in jou slaapkamer kom, laat jou veel dieper slaap as gewoonlik. Het iemand anders ook al die storie gehoor? Jammer oor jou verlies man, ek weet hoe dit voel, my kar was al so gesteel reg voor Telkom se kantore in ons stad. Aardig, Magteloos. Verslae.

  7. Vetjan het gesê op Augustus 30, 2008

    Ou Top , dis my gas wat eintlik die hou vat! Die eintlike verlies is baie werk, belangrike briewe en goed wat weg is ens. Die les is maar weer eens , maak backups van jou data !!!! Die hardeware was verseker, die data was nie. Wat die slapery aan betref … dit lyk my ek slaap tog meer en dieper as wat ek gedink het, ek glo nie hulle het Cd’s of iets gebrand nie. Hier het baie ander waardevolle goed rond gelê wat hulle nie gevat het nie… so gaan dit maar. Ek is net bly ek het nie met ‘n mes teen my keel wakker geskrik nie.

  8. Vetjan het gesê op Augustus 30, 2008

    Hi Lou, ja… backups backups backups.

  9. Vetjan het gesê op Augustus 30, 2008

    Lorinda , die vreemdste ding is dat ek eintlik nie te onsteld is nie… kan dit self nie mooi verstaan nie. Miskien is my kop besig om sag te raak.

  10. Na die 3e inbraak by die strandhuis, het ek die Brandewyn in die kas gespike met gif. Sederdien was daar nog net een laaste inbraak…..

  11. ‘n Kennis se vir my hulle laat die gas wat in jou yskas kom, deur die venster in, of die hondehok, om almal onder narkose te sit. As jy ‘n ou in die straat sien afstap met ‘n brandblusser, wees versigtig. Dit is waar hulle dit onder druk laat inpomp.

  12. Vetjan het gesê op Augustus 30, 2008

    Jare gelede op ‘n kleinhoewe was daar heeltyd klonkies wat iewers in die huis ingeseil het, en allerhande goed gevat het. ons het ‘n helse klomp brooklax gekoop, die papiertjies afgetrek in en in bakkie in die yskas gesit een naweek. Toe ons terugkom was al die brooklax weg. Hulle het verseker gekak.

  13. Eina met die verlies van die laptop, ek weet wat jy bedoel met teleurstelling,
    ek het al 13 inbrake ervaar hier in die Kaap, soveel so, dat ek ek nie meer n materialistiese beentjie in my lyf oor het nie.

  14. Vetjan het gesê op September 2, 2008

    Unlucky 13… wag laat ek gou die deur gaan kyk… dink nie ek het gesluit nie.

  15. Cosmos het gesê op September 8, 2008

    Ja-nee, hang maar klokke op die deure dat jy kan hoor as dit beweeg. Ai, die dom &#$%*&#%

  16. Vetjan het gesê op September 8, 2008

    Hi Kosmos, ‘n bewegingsensortjie met ‘n raserige alarm is dalk net die ding.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.