Waarskuwing

Augustus 28, 2008 in Sonder kategorie

‘n Storm waarskuwing

‘n Regte egte storm tref die Kaap Saterdag.

Saterdag aand wil jy nie op die oop see wees nie, nie met “strong gale to storm strength winds nie”

National Warning – Issued on Thursday, 28 August 2008 at 04.00

Advisory :

1. Gale-force westerly winds (35kt or 65km/h) are expected in places over the Western Cape Province during Saturday. Strong-gale to storm strength winds (50kt or 90km/h) are expected along the coast south of Cape Point. These winds will moderate during Sunday.

2. Very rough seas with destructive waves in excess of 7m, coinciding with spring high tides, expected Saturday night to Sunday along the coast of the Western Cape Province.

www.weathersa.co.za

Let veral op na die gety.

Die storm wind, die reuse deining, vind plaas tydens spring gety.

Hou die nuus maar Sondag dop.

Ok, soos julle teen die tyd weet is die see vir my baie belangrik, en ek hou see toestande fyn dop.

Sondag gaan die see baie rof wees aan die Kaap. By uitstek ‘n dag om jou te verwonder aan die krag van die see. Hoogwater op Sondag is rondom 10 uur die oggend. Hawemure gaan interessante foto’s oplewer.

Aan die Kaap gaan die wind verkeerd waai om te gaan surf… As jy opgewasse is vir brekende branders van 10 meter plus.

Hulle voorspel ‘n deining van 7 meter plus. ‘n Deining van 7 meter kan maklik ‘n brekende brander word wat 3 keer groter is. Dit is geweldig.

So paar weke gelede is hierdie foto buitekant Houtbaai geneem.

Hulle reken die brander is 75 vt. hoog. Dis nie by Dungeons nie, maar op ‘n rif 1 km vêrder uit. Op hierdie dag was ‘n storm see en 7 meter branders nie voorspel nie. Vermoedelik ‘n wêreld rekord. Die grootste brander ooit gery. Twiggy Baker.

Die webwerf en bespreking rondom hierdie foto is hier :

http://www.wavescape.co.za/swell-lines/no-33-did-twiggy-snap-the-record.html

Hier is vanoggend se sinoptiese kaart, en ek hou van die manier waarop Die Burger deesdae die weer bespreek.

Ok, waar om Sondag oggend te wees ?

Dis die vraag. Kaapstad ? of moet ek kus af gaan ?

Die branders  gaan te groot wees vir my om te ry , maar Woensdag oggend  by Supers op Jeffries baai is dalk ‘n moontlikheid.

Laat ons dan sien wat die see oor die volgende paar dae gaan bring.

9 antwoorde op Waarskuwing

  1. Ons gaan desember weer kaap toe en theo sal hom wat verbeel om so ‘n golf af te neem!
    Petrus dankie vir jou kompliment: kyk nou net die inter-aksie wat tussen ons plaasvind hier. As ek nie hier kom antwoord het nie, het ek nie geweet dat jy in fotografie belangstel nie, het ek nie geweet dat jy die natuur waardeer en kundig en ontledend na see-getye kyk nie.
    Dan het ek vir jou bloot op my blog ‘n simpel antwoord gelos soos: Dankie vir die inloer
    of
    Bly jy stem saam
    of
    Dankie
    of
    🙂
    En dit, liewe Petrus, is vir my, volgens my standaarde, nie die regte blog-manier nie.
    Ek hou van jou blogs ook 🙂

    (Ek kyk na die kommentaar by Hoender:”Log uit en begin soos ‘n besetene jou eie blog besoek.”
    Ek dink nie dit registreer as ‘n viewing as jy dit doen nie????)

  2. Vetjan het gesê op Augustus 28, 2008

    Hi krok, ek is nie verbaas nie, Sondag gaan die see aan wees…soos ons hom nog nie vantevore gesien het nie, maar belsis gaan die wind te sterk wees om die branders aan te durf. Ek verneem dat Dinsdag is die dag waarop die ouens die groot branders gaan aandurf.
    Mens moet stapelgek wees om hierdie branders aan te durf.

  3. Ceara het gesê op Augustus 28, 2008

    Wees versigtig Petrus.. Is daar in SA op die radio ook die shipping forecast wat die weer en die windsterktes aankondig.. Ek luister altyd daarna omdat die name van die plekke sulke beelde oproep; party eksoties, ander laf en party regaf eienaardig. Almal het altyd gunsteling gedeeltes in die sf, een van myne is “Dogger, Fisher, German Bight…”. Dis so amper gerusstellend om daardie uitsending te hoor, altyd in dieselfde stem. In elk geval, ek dwaal af. Daardie foto is van een verskriklike brander!

  4. Vetjan het gesê op Augustus 28, 2008

    Hi Lorinda, ek weet nie wat hulle alles deesdae op die radio uitsaai nie. Die vissermanne hier kyk sommer na weatherbuoy en windfinder op die internet. Die weerberig op RSG het gewoonlik ‘n stormwind waarskuwing as daar een is, toe ek laas geluister het … Die storm kom eers Saterdag aand,, so ons sal maar sien wat die skade gaan wees.

  5. Ceara het gesê op Augustus 28, 2008

    gaan jy fotos daarvan neem?

  6. Dankie vir jou kommentaar op my blog.
    Jy verduidelik goed.
    Dis steeds ysig koud hier met regte sagte Kaapse ysreen!

  7. Vetjan het gesê op Augustus 28, 2008

    Ek wil gaan fotos neem, sal sien, Die voorspelling oor die vreeslike storm kan dalk nog verkeerd ook wees 🙂

  8. Vetjan het gesê op Augustus 28, 2008

    Hi Lou.. dis koud ja, en voor ek vergeet wil ek gou ‘n vol gas silinder by die kafee gaan kry vir die verwarmer.

  9. meltm het gesê op Augustus 29, 2008

    Dankie, Petrus, ons kyk na al die probleme. 24.com het laat weet dit sal nog ‘n tydjie duur voor al die goggas platgetrap is.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.