Haai

Augustus 26, 2008 in Sonder kategorie

‘n Regte een.

Ook seker een van die mooiste diere in die see. Die wit haai, onregverdiglik genoem die mensvreter, want dit is hy nie eintlik nie.

Hierdie is nie my foto nie, dis nogal moeilik om jou tydsberekening vir die reg te kry.

Jy weet nie wannner die haai gaan spring nie, en hy doen dit in ‘n breukdeel van ‘n sekonde.

Die swart ding wat een kant vlieg is wat ons noem ‘n “decoy”.

15 antwoorde op Haai

  1. Ceara het gesê op Augustus 26, 2008

    hemel wat ‘n fantastiese foto! En wat vreet die wit haai dan?

  2. Vetjan het gesê op Augustus 26, 2008

    Hy vreet visse en goeters, maar nie eintlik mense nie 🙂

  3. Ceara het gesê op Augustus 26, 2008

    Ek neem aan jy is baie seker hieroor Petrus? :-)Waarom of waarna spring die haai?

  4. Vetjan het gesê op Augustus 26, 2008

    Hy is agter die “decoy” aan.. wat hy in daardie oonblik aansien vir ‘n stupid rob…

  5. Vetjan het gesê op Augustus 26, 2008

    Hierdie spesifieke decoy is nou al so bietjie vaktap gebyt. so toe gegee hy lyk nie meer na die vorm van ‘n rob nie…maar hy was teen ‘n konstante 6 km/u aan ‘n toutjie om en om Rob eiland gesleep, so vroëer of later moes een van die vaaljasse op hom “breach”

  6. Ceara het gesê op Augustus 26, 2008

    Wat is ‘n vaaljas?

  7. Vetjan het gesê op Augustus 26, 2008

    Dis ‘n haai Lorinda, hulle het baie name bv tanneman, Johnnies, Tommies, pointers, en so aan.

  8. Ceara het gesê op Augustus 26, 2008

    Dankie Petrus dis gaaf van jou om my te antwoord. Sorry oorlat ek so stupid is :-).

  9. Vetjan het gesê op Augustus 26, 2008

    Hahaha , Lorinda, jy stupid ? allermins, maar dis ‘n plesier om jou te antwoord.

  10. Dis ‘n uitstekende foto. Ek sou wat wou gee om saam te gaan as so foto geneem word. Klink my jy het ‘n interessante werk?

  11. Vetjan het gesê op Augustus 27, 2008

    Hi Kitty, die moeilikste ding van alles is om die kamera se knoppie op die regte oomblik te druk. Baie moeilik met die nuwe digitale kameras omdat daar ‘n kort vertraging is tussen die oomblik wat jy die knoppie druk, en wat die kamera afneem.Frustrerend. Mens moet in die eerste plek wawyd wakker wees om die foto geneem te kan kry en al jou settings moet net reg wees. Tricky, baie tricky. Ek wens ek het al so mooi foto geneem… miskien nog eendag.

  12. Ja die digitale kameras boikot my ook maar met die delay. Ek neem onderwaterfotos van kinders in swembaddens. En ‘n kind smile vir net so lank onder die water!

  13. Vetjan het gesê op Augustus 27, 2008

    Ja Kitty, en die beter kameras met onderwaterboks is so verdomp duur ! Vir “airjaws” is ‘n ou 35 mm film kamera met ‘n goie motordrive die antwoord… probleem is net ek het nie daai toerusting nie .

  14. Pragtige foto

  15. Vetjan het gesê op Augustus 28, 2008

    Dorina 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.