Kreef alweer in die nuus.

Augustus 24, 2008 in Sonder kategorie

Die groot maatskappye vat die minister hof toe omdat hy tussen 120 en 140 ton van die rooi goud aan bestaansvissers wil toeken.

Die artikel in die Sunday Times is hier :

http://www.thetimes.co.za/Business/BusinessTimes/Article1.aspx?id=828413

Dis ‘n moeilike saak.

Die bestaansvissers het ‘n punt beet, en dit is so dat kontrole tans omtrent onmoontlik is.

By Mariene en Kus (wan) Bestuur is groot probleme – bv. visinspekteure HET NIE radios nie.
Hulle moet met hulle eie selfone bel, maar dan word hulle sellulêre uitgawes deurentyd bevraagteken , en maande later of glad nie deur MKB vergoed nie….. dan wil ons weet hoekom die ouens gedemotiveerd is.

Die maklike oplossing is dan om sommer 50 km kus eenvoudig te sluit vir rekreasionele duik.

Die kreef seisoen is toe, en hierdie fotos is in Januarie geneem.

Naby Dangerpunt … mens mag nou nie meer daar duik nie.

12 antwoorde op Kreef alweer in die nuus.

  1. Ceara het gesê op Augustus 24, 2008

    Wel, is dit jy daar met die kreef? Dit is wat ons eintlik wil weet :-).

    Dat die visinspekteure nie radios of werk selfone het nie is amper ongelooflik! Dis moelik om te sien hoe hulle hulle werk behoorlik daarsonder kan doen.

  2. Vetjan het gesê op Augustus 24, 2008

    Hi Lorinda, ja hulle kan nie hulle werk daarsonder reg doen nie !

  3. Ceara het gesê op Augustus 25, 2008

    Jy is baie goed vermom…:-). pragtige foto van die kreef die laaste een – het jy dit geneem?

  4. NARITHA het gesê op Augustus 25, 2008

    More, ja dit is ‘n probleem.
    Lekker dag.

  5. Vetjan het gesê op Augustus 25, 2008

    Hi Krok, ek dink hulle het dit al so stelsel probeer…. maar die klein outjies hou nog steeds daarvan om so paar ekstra krewe gou aan iemand te verkoop.

  6. Vetjan het gesê op Augustus 25, 2008

    Hi Lorinda , die close ups ja. Dis maklik om af te neem, mens fokus maar net en druk die knoppie… dis meer die tegnologie wat dit moontlik maak, geen noemenswaardige vaardigheid word van die fotograaf vereis nie.

  7. Vetjan het gesê op Augustus 25, 2008

    Hi Beertjie 🙂

  8. oester het gesê op Augustus 25, 2008

    eks bly jy raak hierdie aan.
    by mcm heers daar totale chaos. vergun my om net een uit tientalle voorbeelde te noem: Nov 2007 moes ek noodgedwonge aansoek doen vir n visprosesserings lisensie. ek het dit bevraagteken, maar die hoofdirekteur wetstoepassing het my verseker dat hulle my vir baaaaie lank in die hof sal hou. die hele proses is deurgegaan, gelde betaal, ens. hulle verskaf my van n permit nr etc.

    so n maand of wat terug daag hulle inspekteurs hier op om fines te kom issue. iewers het my papiere, my geld, alles net eenvoudig weggeraak. ek moes deur die hele proses gaan, weer gelde betaal, en raai wat? dit raak waaragtig WEER weg!!!!!

    dit is toe ek beheer verloor. en gese het waar hulle kan heengaan. ek het eenkeer n mcm beampte hardhandig verwyder. dit gaan binnekort weer gebeur.

    die “subsistance” fisheries is n fokop van dag een af eenvoudig omdat daar nie beheer is nie.

    daar is nie beheer nie omdat wetstoepassers voor die voet aangestel word sonder dat hulle n clue het wat die wet se, hoe die spesie lyk, of wie die permithouers is. elke maand is daar n nuwe direkteur en nuwe personneel by hoofkantoor(hulle loop gewoonlik onder n moerse wolk-geld wat wegraak)

    ek kan vir jou rillerstories vertel oor hierdie spul, maar los liewer, netnou raak ons te negatief

    groete

  9. Vetjan het gesê op Augustus 25, 2008

    Jy kan my geen riller stories oor MCM vertel nie, ek het 1 ste hands met hulle en al hulle kak te doene gehad vir jare ! Ek haat hulle met ‘n vengance.

  10. Izakdv het gesê op Augustus 26, 2008

    Ek vrees ek het ook baie simpatie met die bestaansvissers, maar ek ken toevallig ook mense wat ‘n lewe maak uit kommersiële visvang, en iewers langs die pad loop almal hulle vas in ‘n probleem.
    Izak

  11. Vetjan het gesê op Augustus 26, 2008

    Izak, die eintlike probleem is dat daar te veel mense is en te min vis.. dis maar al.

  12. Vetjan het gesê op Augustus 26, 2008

    Hy is ja, met ‘n pot warm water wat wag.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.