Galjoen en ander vis

Augustus 21, 2008 in Sonder kategorie

Net om te wys hoe hulle lyk vir almal wat nou nie so baie by die viswaters uitkom nie.

Die Kraaibek of Pappegaaibek en wat party ouens verkeerdelik dink is ‘n Galjoen.

Die Galjoen word soms as ons Nasionale vis bestempel. Aan die Skedelkus is hulle vetter en lekkerder as in die Kaap. Uitstekende braaivis, maar tog val dit nie in almal se smaak nie.

Hier is ‘n galjoen

Die Kraaibek braai dikwels lekkerder as ‘n galjoen.

Beide die 2 visse is op die rooi lys.

Dit beteken dit mag nie verkoop word nie. Jy mag net vang vir eie gebruik, onderhewig aan sakbeperkings en seisoen.

Hier is die Roman – rooi man

Hier is die 2 top lynvisse in restaurante aan die Kaap.

Kabeljou en Geelbek.

Eers die Kabeljou

Nou die Geelbek

Nee dis nie ek nie.

Hulle braai nie so fantasties nie, stoom beter deur hulle in foelie toe te draai, of bak hulle binne in die oond.

Die Geelstert moenie verwar word met die Yellow fin tuna nie.

Om hierdie vis lekker sappig gaar te maak kan tricky wees, en 95% van restaurant chefs foeter dit op, hulle bak of braai hom te droog.

 

7 antwoorde op Galjoen en ander vis

  1. Vetjan het gesê op Augustus 21, 2008

    Achilles, nee Snoek en Wahoo is nie familie nie, en mens kry nie normaalweg Wahoo in Kaapse water nie. Snoek behoort aan die Gempylidae familie en Wahoo aan die Scombridae.

  2. Ou-Top het gesê op Augustus 21, 2008

    Op die aarde Petrus! As ek lankal daai twee fotos van die galjoen en die Kraaibek gehad het was ek al skatryk. Weetjy met hoeveel het ek algestry?

    Wat n lekker blog. Die foto van Inhambane. In 1969 was ek pas uit die Army en het daar gekamp vir twee weke lank. Toe op Vilanculas vir twee weke. Enigtse water n put met n tou en emmer. Was toe al n hotel daar en die barman se naam was Elvis.

  3. Ceara het gesê op Augustus 21, 2008

    Baie interessant, baie dankie Petrus – veral vir die fotos

  4. Vetjan het gesê op Augustus 22, 2008

    Hallo ou Top, dit moes nogal ‘n belewenis gewees het om in 69 in Moz te gaan kamp. Those were the days! Ai jammer jy kon nie al die weddenskappe oor die vis beklink nie

  5. Vetjan het gesê op Augustus 22, 2008

    Hi Krok, solank galjoen nie kommersieel gevang word nie behoort hulle ok te wees.

  6. Vetjan het gesê op Augustus 22, 2008

    Hi Lorinda, eks bly jy loer in.

  7. Vetjan het gesê op Augustus 22, 2008

    Doodreg Achilles.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.