Weskus Tsunami
Augustus 30, 2008 in Sonder kategorie
Eerste my “disclaimer”
Hierdie inskrywing het te make met wind en weer vandag, bloot omdat ons vir die volgende 24 uur abnormale toestande gaan hê, wat vir my fassinerend is. Daarby was ek skoon verbaas oor die weskus tsunami storie. Ok, nou weet julle.
Laas week Donderdag, 21 Aug, was daar volgens die weerburo ‘n soort tsunami aan die Weskus.
Hulle het dit vanaf Luderitz tot by Houtbaai agtergekom, en by Lambertsbaai was die visfabriek effe onder water.
Kwart voor nege die oggend is ‘n plesierboot, Circe, as’t ware by Houtbaai hawe “uitgesuig”
Vir die wat belangstel in grafieke, hier is Port Nolloth se gety hoogtes. Om eerlik te wees, ek word nie veel wys uit hierdie grafiek nie, maar hier is hy in elk geval.
Eintlik het ek net gaan kyk wat die weerburo vanoggend te sê het oor die voorspelde storm.
Die Windfinder werf gee nie net wind voorspellings en allerhande baie nuttige weerdata nie, maar ook lesings van windmeters van verskeie plekke op ons kus.
Slangkop is die vuurtoring by Kommetjie.
Vanoggend 7 uur was die wind al hier by die 23 knope .
Môre oggend 11 uur voorspel hulle ‘n deining van 10.1 meter, en vanmiddag 5 uur ‘n windsterkte van 44 knope – so 80 km/u .
Kaappunt rapporteer weer ‘n bestendige 21.5 knope tussen 5 en 8 vm vanoggend.
Hulle voorspel 43 knope teen 14.00 en ‘n deining van 10.3 meter 11 uur môre oggend.
Die weskussers kan rustig wees.
Lambertsbaai gaan vandag piek rondom 23 knope, en die groot see gaan blykbaar eers môre middag teen 2 uur daar aankom, 8 meter deinings teenoor die 10 meter rondom die skiereiland.
Teen 2 uur vanmiddag voorspel hulle wind van 22 knope op die Vaaldam, wat dan sal afskaal na 15 knope teen 5 uur vanmiddag.
Dit beteken dat daar seker meer wind as gewoonweg op Ellis Park (is dit dieselfde plek as Coke a cola park !?) gaan wees .
Die weerburo voorspel ‘n vars noordwester.
Hierdie laaste stukkie is net volledigheidshalwe, want as die skottel nie van die bar se dak afwaai nie, kyk ons vanmiddag rugby.
Onlangse kommentare