Jy blaai in die argief vir 2008 Julie.

Krokodil

Julie 23, 2008 in Sonder kategorie

Krokodilvleis is glad nie goeie dieet kos nie, blykbaar vreeslik hoog in cholesterol.
Heeltemal anders as volstruis.

Nie middelmatige groottes nie.

En ook nie klein krokkies nie.

Gaap, ‘n mens kan nogal vaak raak hier op die rivier.

Koffie

Julie 23, 2008 in Sonder kategorie

Op skool het ek nooit koffie of tee gedrink nie.

Tydens diensplig moes mens maar noodgedonge hulle mengsel van onsekere herkoms drink, selfs die drommels wat die konkoksie aanmekaar geslaan het was heelwaarskynlik onseker wat dit was.

Dit was eers tydens latere omswerwinge dat ek besonder lief geraak het vir espresso, en sedertien drink ek net swart koffie.

Sekere dieetkundiges meen mens moet koffie vermy. Ander mense beveel weer “dekaf” aan.

Daarom was dit werklik goeie nuus om te verneem dat mens koffie as’t ware as ‘n dieetaanvulling kan neem. ‘n Sogenaamde fat burner.

Die kaffien is ‘n stimulant en versnel jou metabolisme.. daarom is die nie nodig om by die apteek ten duurste die spesiaal geformuleerde middels te gaan aankoop om jou metabolisme te versnel nie. Of dit per pos uit die Rapport tydskrif te bestel nie. “Dekaf” koffie is sinneloos.

Ek drink eerder minder koffie as kits sigorei mengsels.

In alles moet mens matigheid voor oë hou… miskien anders as die Amerikaners wat hierdie aangestuur het :

Surfing is living

Julie 22, 2008 in Sonder kategorie

Nie die internet nie.

Dit was wat op die wetsuitmaatskappy se bumper sticker geskryf was in die laat sewentigs.

Ek kan nog staan.

Nee, ek is nie ‘n goofy foot nie, die foto het verkeerd om gescan.

Natuurlik kies mens koers na warmer water as jy in baggies wil gaan surf.

Dit bly vir my die heel beste oefening in die wêreld, maar ek is baie lui om in koue water te surf.

‘n Resultaat

Julie 22, 2008 in Sonder kategorie

Volledig geinspireerd deur mense soos  Melt se verstommende verslankingsresultate, en opnuut begeesterd met die wete dat mens daadwerklike doelwitte moet nastreef, spring ek vanoggend op ‘n skaal.

Natuurlik het ek al intussen vergeet hoeveel ek geweeg het 2 maande gelede toe ek op hierdie goeie blaaie begin skryf het.

Na ietwat van ‘n gesukkel; kry ek toe die eerste inskrywing.. al die pyltjies en goed van windows explorer pas nie so lekker op my skerm nie , so dit belemmer my scroll vermoë… anyway daar staan die gewig toe … 108 kg.

OK, vanoggend se lesing op die skaal is 105 kg.

So in 2 maande is dit 3 kg af.

Ten minste beter as daai severely obese mense in die New England Journal of Medicine wat 2 jaar gevat het om min of meer dieselfde resultaat te behaal , maar natuurlik nou nie naastenby vergelykbaar met die flinke mense hier elders rond wat sommer 2 kg ‘n week drop nie….. maar

1. Ek het rooi wyn nie opgegee of selfs rantsoeneer nie.

2. Ek drink nog steeds baie koffie … swart en sonder suiker.

3. Op Sondae is daar geen reëls nie, ek eet net wat ek wil.

4. Die oefening in Hansman se homegym het flink begin, maar is heeltemal in die wiele gery deur die Namibiese avonture.

5. Ek probeer wel so aktief as moontlik wees, maar daar is nog geen struktuur of vaste oefenprogram nie.

6. Ek het baie keer rooi vleis soos lam tjops en rumpsteak geëet

7. Gaskoeldrank is heeltemal uitgesny, maar in die Kaokoveld het ek redelik bier gedrink, en een keer ‘n klomp coke want ons water het opgeraak. 

Dis al wat ek nou kan onthou. Sal die goed maar beter probeer neerskryf en bietjie meer dissipline aan die dag lê.

Maar ten minste .. hier is ‘n positiewe en maklik volhoubare resultaat.

Magic Bullet

Julie 22, 2008 in Sonder kategorie

What is most important in the end is the energy balance equation.

Too many people keep looking for some kind of “diet magic” or “metabolic advantage” – whether in the form of a special diet technique, new-fangled exercise program or a magic fat burning pill – that will override the law of energy balance, but in the end, no matter how much you protest – it always, always, comes back down to calories in vs calories out.
Gang, you can make this as incredibly complex as you want, and get horribly lost in nutritional biochemistry, exercise physiology, and piles of research papers, or you can just boil this whole weight loss thing down into its essence:

You need a calorie deficit to lose weight…

Miskien minder tyd voor die rekenaar sit … meer aktief wees….

Want daar is geen magic bullets nie.

Aanhaling uit : www.burnthefatblog.com

Die Boland

Julie 21, 2008 in Sonder kategorie

 Is nou maar eenmaal die Boland.

Vrydagmiddag tussen Ceres en Touwsrivier

Dis middel Julie, maar wat op aarde gaan hier aan :

Tussen die daisies

Winter ?

  


 

Volledigheidshalwe

Julie 21, 2008 in Sonder kategorie

Die aanhalings in my vorige blog:

1. Die eerste een kom uit die bevindings van die artikel soos gepubliseer in die NEJM.

2.Die 2de aanhaling vanaf ‘n fiksheid/voedingskundige se blog : ” Burn the Fat blog”
http://www.burnthefatblog.com/archives/2008/07/what_the_new_low_carb_study_re.php

3.Die derde aanhaling kom van hier af: http://www.eurekalert.org/pub_releases/2008-07/aabu-ndn071108.php

Behalwe die Sondagkoerante , het die betrokke artikel nou ook die Newsweek gehaal waar Dean Ornish, self ‘n dokter, wat die Ornish diet publiseer het komentaar lewer :
http://www.newsweek.com/id/146641

Myns insiens was die beste kommentaar die van die Burn the Fat blog waar die ou tereg opmerk dat ‘, gewigsverlies van  3 – 5 kg oor 2 jaar, veral in “severe obese” mense niksseggend is.

Much ado about nothing

Julie 21, 2008 in Sonder kategorie

Die dieet non-issue:

Net soos ek vermoed het, die bevinding van die dieet studie in die New England Journal of Medicine is redelik onbeduidend.
 
should be interpreted with caution given the small magnitude of overall and between-group differences in weight loss in these markedly obese subjects and the short duration of the study.”

All three groups lost weight. The low carb group lost 5.5 kilos, the Mediterranean group lost 4.6 kilos and the low fat group lost 3.3 kilograms…. IN TWO YEARS! Whoopee! 🙂

My conclusion would be that the results were similar and that none of the diets worked very well over the long term!

En die warra warra warra gaan aan :

“Clearly, there is not one diet that is ideal for everyone,” Shai concludes. “We believe that this study will open clinical medicine to considering low-carb and Mediterranean diets as safe effective alternatives for patients, based on personal preference and the medical goals set for such intervention. Furthermore, the improvement in levels of some biomarkers continued until the 24-month point, although maximum weight loss was achieved by 6 months. This suggests that healthy diet has beneficial effects beyond weight loss.”

Met ander woorde : eet gesond en gebalanseerd.

Die Oorspronklike artikel.

Julie 21, 2008 in Sonder kategorie

 Die New England Journal of Medicine ” A Low-Carbohydrate as Compared with a Low-Fat Diet in Severe Obesity” artikel kan as ‘n pdf ( aflaaibaar en drukbaar) hier gevind word:

http://content.nejm.org/cgi/reprint/348/21/2074.pdf

Low-fat diets not the answer.

Julie 21, 2008 in Sonder kategorie

Says new study – aldus gister se Sunday Times. Wat ek gisteraand onder oë gekry het na die naweek se aktiwitiete.

Gister se aktiwiteite het behels met ‘n ompad terug ry huis toe. Dit was ‘n Sondag van formaat, jou perfekte Kaapse wintersdag sonder ‘n luggie wat roer. Die roete was- begin punt : naby Calvinia-Ceres-Wellington-Franshoek-Villiersdorp-Hermanus-Gansbaai.Wynplase was besoek langs die pad. Ek dwaal af ….

Die “tightly contolled dieting experiment” het 2 jaar geduur.

Die slotsom ” The take home message should be that we should abandon the idea that low-fat diets are the number one way for people to lose weight”

Vandag gaan ek hierdie studie uit die New England Journal of Medicine aan ‘n google soektog laat deelneem, veral bietjie kyk na die kommentare daarop, en dit later hier kom rapporteer.