Dokter Masaka, Pink Floyd en die Tokelossie

Julie 30, 2008 in Sonder kategorie

Dokter Masaka , pas terug van ‘n KAM konferensie in Duitsland , het daar ‘n helse klomp kristalle gekoop. Alles was uitgepak op sy lessenaar en hy was baie in sy noppies met sy aankope. Al die nuwe behandelings!

“ Kyk net” wys hy vir my hoe mooi die lig deur die kristal skyn “n reënboog” , sterk towerkrag. Ek het dit beaam en nie elementêre hoërskool wetenskap eers genoem nie. Ou Jan Groenewald ( Dr Masaka se regte naam) het seker ook nie ‘n Dark Side of the Moon LP cover ooit onder oë gehad nie. Dalk was dit vit hom genoeg om te weet dat Pink Floyd magic musiek gemaak het. Watookal, ek weet nie.

Vanuit sy spreekkamer langs Kraaifontein stasie, het hy gekonsulteer en dolosse gegooi.

Leon Shuster kon net sy mister Bones  hairdo by dr Masaka afgekyk het.

Is daar spoke en geeste in jou huis, voel jy swak, asma, suikersiekte, hartkwale, is jy swak in die bed, onvrugbaar, te vrugbaar, benodig jy muti vir hofsake, het jy liefdes probleme, jaloersheid, epilepsie , aambeie of is jy mal ?

Dr Masaka kon jou help, met alles, wel amper. Net nie die Ontvanger nie.
 
Geen van die vennote van die firma waar ek destyds gewerk het wou naby Dr Masaka se spreekkamer kom nie, ‘n junior klerk was afgevaardig vir die belasting konsultasie.

Destyds was Petrus nie so pap nie.

KAM staan vir Komplimentêre en Alternatiewe Medisyne.

Dit is nou allerhande goed van energievelde tot aromaterapie.

Insluitende dolosse en moetie.

Ook ruk en pluk dokters – chiropraktisyns.

En die aartsbedrieërs – die Homeopate

“Imagine placing a drop of red dye into such a container so that it disperses evenly. Homeopathy’s “law of infinitesimals” is the equivalent of saying that any drop of water subsequently removed from that container will possess an essence of redness. Robert L. Park, Ph.D., a prominent physicist who is executive director of The American Physical Society, has noted that since the least amount of a substance in a solution is one molecule, a 30C solution would have to have at least one molecule of the original substance dissolved in a minimum of 1,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000 molecules of water. This would require a container more than 30,000,000,000 times the size of the Earth.”

Bron :

http://www.quackwatch.org/01QuackeryRelatedTopics/homeo.html

Terloops, ek het onlangs 2 boeke gelees :

Geloof Bygeloof en ander Wensdenkery deur George Claassen en

Suckers deur Rose Shapiro

My bed staan nie meer op bakstene nie.

4 antwoorde op Dokter Masaka, Pink Floyd en die Tokelossie

  1. Ja, to each his own. Maar jy eet kreef! Uitstekende plasing.

  2. Ceara het gesê op Julie 30, 2008

    “Bad Medicine” deur Christopher Wanjek is ook die moeite werd. Ag as daar maar ‘n kristalkuur vir malligheid was…:-).

  3. Vetjan het gesê op Julie 30, 2008

    Dankie Sonia !

  4. Vetjan het gesê op Julie 30, 2008

    Skerp Lorinda

Los ’n antwoord vir Vetjan. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.