Seekos

Julie 28, 2008 in Sonder kategorie

Kouewater vis is vir my lekkerder as warm water vis.

Skulpvis ook.

Beter tekstuur.

Weskuskreef is die lekkerste kreef ter wêreld.

Dit is so dat skulpvis nou nie eintlik met regte vis kan meeding wat gesondheidsaspekte betref nie. Veral filter eters soos mossels en oesters kan jou baie siek maak.. onder bepaalde omstandighede… maar om dit in perspektief te stel .. nou die dag is 3 mense oorlede van ‘n hoender wat hulle geëet het…. eintlik wil ek nie nou oor voedselvergiftiging skryf nie. Ook nie later nie.

Die plan is om komende Saterdagaand in Maputo garnale te gaan eet, want dit is die een soort seekos waar Mosambiek die voordeel het bo die Kaap. Vis daar kan ok wees as jy dit vars op die strand koop.

Die gewone ooskus kreef is volop in Mosambiek, maar die probleem is dat die gewone bestaansvissers daar die kreef vrekmaak tydens die vang proses. Die dooie kreef word dan nog vir ‘n paar uur , of meer as net ‘n paar uur, glad nie verkoel nie. Dan word hy weer te lank gekook, en iewers het daar gewoonlik ook sand op die toneel verskyn, so hulle bliksem dan alles toe onder die piri-piri. Jy eet en kners aan die sand, so drink maar gou-gou ‘n liter Laurentina om die piri-piri brand weg te spoel.

Al die foto’s hieronder is laas jaar geneem, op hierdie mooi Maandag is ek nog in die Strandveld.

‘n Coke vragmotor op die Catembe veerboot.

Catembe is oorkant die baai van Maputo.

Vissers by Catembe.

Groot vissersbote in Maputo.

6 antwoorde op Seekos

  1. Vetjan het gesê op Julie 28, 2008

    Goeie plan, naby Beira dan ?

  2. bigbigjoe het gesê op Julie 28, 2008

    Geniet daardie garnale, met n groot bord witrys saam, en genoeg piri-piri dat jy maar voortydig al die twinply in die deepfreezer moet bêre!

  3. Vetjan het gesê op Julie 28, 2008

    Hahaha .. welkom terug BBJ!

  4. Ceara het gesê op Julie 28, 2008

    Daai beskrywing van die morsdooie voosgekookte sand kreef in piri-piri sal my nog lank bybly 🙂

  5. Vetjan het gesê op Julie 30, 2008

    Lorinda, 🙂

  6. Vetjan het gesê op Julie 30, 2008

    Dankie Hasie !

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.