Die Weer

Julie 27, 2008 in Sonder kategorie

Wanneer mens die weer ophaal is ‘n onderwerp, bestaan die vermoede dat jy eintlik niks het om te sê nie.

Miskien.

Ek boer nie, maar die weer het ‘n drastiese invloed op wat ek doen.

Vanoggend het www.weathersa.co.za nie voorspellings op gehad nie.

Het iemand by die SA weerburo verslaap of wat ?

Die weerburo het die beste weervoorspellings blaaie op die web, hopelik onthou iemand daar vandag om die voorspellings te laai.. die kalf is in die put.

Vanoggend reën dit.

Dit is nie lekker om in gietende reën te gaan fietsry nie, maar na bykans 2 weke van sonskyn wys die Kaap weer sy ware kleure.

Snaaks genoeg het die Noordwes die afgelope 2 weke telkens gewaai, en hard gewaai, maar die son het aanhou skyn.

‘n Reuse deining het Vrydag by die Kaap aangekom, en die ouens het gister ‘n suksesvolle “Big Wave” kompetisie by Houtbaai gehou.

http://www.redbullbwa.com

Hierdie webwerf het die hele storie, en daar is baie goeie aksie foto’s.

Petrus is tans nie in goeie shape om groot branders te gaan surf nie. Veral nie monsters soos die nie, en nog minder in water van 10 of 11 grade nie. Miskien is dit ‘n goeie ding dat die Blommekind my branderplank geleen/toegeëien het. As ek vandag fikser en ligter was, het ek nie nou hier gesit en tik nie, ek sou in die kar gewees het op pad Jeffries baai toe. Tough luck! … gelukkig is ‘n trippie Mosambiek toe wel aan die realiseer… waar maklike klein brandertjies in blou tropiese water wag.

I like to spend some time in Mozambique
The sunny sky is aqua blue
And all the couples dancing cheek to cheek.
It’s very nice to stay a week or two.

6 antwoorde op Die Weer

  1. Ek was nog nooit in Mosambiek nie – plaas foto’s wanneer jy daar was!

    Lekker gegiggel vir die sluwe bitch storie.

    Ja, ons versuip alweer in Kaapstad vandag, dit reën asof dit betaal word!

  2. loudavisi het gesê op Julie 27, 2008

    Ek is mal oor water!!
    Veral die see

  3. abrham het gesê op Julie 27, 2008

    wanneer ry ons, moz toe – die cheek on cheek is nogal uitlokkend

  4. Vetjan het gesê op Julie 27, 2008

    Hey Abrham, Saterdagaand wil ek in Maputo gaan paartie… cheek to cheek as dit kan ja.

  5. Vetjan het gesê op Julie 27, 2008

    Lou, ek ook !!!!

  6. Vetjan het gesê op Julie 27, 2008

    Hi Sonia, hopelik sal ek die keer nie net van blokland af verdwyn nie, maar elke dag of 2 lopende kommentaar pos.

Los ’n antwoord vir soniacabano. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.