Sluwe Bitch

Julie 26, 2008 in Sonder kategorie

Die nie amptelike bekendstelling van ‘n volksvreemde en subversiewe produk. Eintlik nie heeltemal voksvreemd nie, maar altyd subversief.

Streng gesproke mag mens seker net die produk daar in die Noordweste die Mampoer noem. Witblits is seker beperk tot die Kaap, tot die vrug van die wingerd.

Hierdie is pruimbrandewyn. Let wel, nie enige soort pruim nie, kenners is baie spesifiek hieroor.Die regte soort is skynbaar die Damaskus pruim.Vir wat dit werd is.

Baie gewild in die hart van Europa, Van Serwië af op deur Slowenië, Oostenryk, met die groot meesters, so sal hulle jou duidelik laat verstaan, in Morawië. Maar nog meer spesifiek, die streek Wallagië. Daar waar hulle bekend is vir rebelsheid en onafhanklike denke….. Ek wonder wat sou Herman Charles Bosman daaroor te sê gehad het?

Slivovice, uitgespeek Slie-woe-wiets……… in goeie Afrikaans is dit “sluwe bitch”

Ek het intussen op goeie gesag verneem dat mnr Rudolf Jelenik wat Slivovice stook in die dorp Visovice, besluit het om Suid Afrika te teiken.

 Hiermee dan fotos van die nuutste aanslag op ons volk.



 

Die groen 1.5 liter koeldrankbottel hierbo, het nie koeldrank in nie, maar die tuisgemaakte ding.

Heel links is ‘n variant van sluwe bitch , die kleur is goud .. “Zlata” in Afrikaans : slat-ha sluwe bitch.

Ten slotte …… Op die heel beste gesag het ek natuurlik verneem dat hierdie produk die ideale digestief is , en baie gesond. Vanweë ruimte beperkings hier kan ek nou nie alles opnoem nie, maar dit is wel so.

8 antwoorde op Sluwe Bitch

  1. lienke het gesê op Julie 26, 2008

    Ons het Becherovka in Pardubice persent gekry en dis altyd ‘n bekommernis om dit ongedeerd hier uit te kry, met die sekuriteit saam. Het toe ongebreek hier geland en noudie-aand proe ek. Jig, maar dis sleg. Sweer dis dieselfde as destyds as kind toe ek uit stjoepitgeid Rooi Laventel so ‘straight’ probeer drink het!

  2. Vetjan het gesê op Julie 26, 2008

    Becherovka is nogal sleg ja, natuurlik gee hulle baie hoog op oor die “gesondheids eienskappe” daarvan. ‘n Bottel slivovice het eenkeer in my rugsak gebreek , jy kan dink hoe dit geruik het toe ek die rugsak oopmaak.

  3. Vetjan het gesê op Julie 26, 2008

    Uitstekend vir die spysvertering Krok.

  4. Vetjan het gesê op Julie 26, 2008

    Flenters, dis alles waar. Probeer dit , jy sal sien.

  5. Warrelwind het gesê op Julie 26, 2008

    Dankie tog ek drink geen alkohol nie, want um, pruimbrandewyn klink darem baie vreemd. Maar ek hou van die beskrywing! 🙂

  6. ezile het gesê op Julie 26, 2008

    Net vir die rekord, witblits, of blits soos party kolonianers sê, word so genoem omdat dit van druiwe gestook word. Enige ander vrugte se stook-produk is mampoer. Vra my, ek weet, het al gehelp stook. Beste poging waarby ek betrokke was – lukwart mampoer… Dit proe goed, maar dis sterrrrrrrrk.

  7. Vetjan het gesê op Julie 27, 2008

    Hi Ezile, soos ek verstaan eintlik van druiwedoppe, nadat hulle gepars het, het iemand seker destyds ‘n plan gemaak met die doppe, en “grappa” gestook.

  8. Vetjan het gesê op Julie 27, 2008

    Haai Naelloper… jy mag darem seker net proe hoe dit smaak? 🙂

Los ’n antwoord vir ezile. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.