Gesonde vet ?

Julie 25, 2008 in Sonder kategorie

Met al die lesery, en die dikwels weersperekende “feite” waarop mens afkom oor dieet, is daar nou en dan interresante brokkies.

Al die jare het my ma volgehou dat mens net gebalanseerd moet eet. Omdat mens se ma altyd beter weet, en gewoonlik reg is, is dit wat ek ook glo. Natuurlik is sy reg, en nie te veel vet nie.

Wat ek nou verder uitgevind het is dat, al gaan mens op dieet, is dit beter om nie alle vet uit te sny nie.

Vet is goed vir jou.

Gekwalifiseerd. Die regte soort vet , en nie te veel nie.

Drie voorbeelde word aangehaal.

1.Tradisionele eskimos. Hulle tradisionele dieet het walvis vet, rob vleis, organe van beide hierdie soogdiere, en baie vis ingesluit. Groenland en die Noorpool is seker nie die beste plek op aarde vir die verbouing van groente en veselryke graansoorte nie. Tradisioneel het daardie eskimos nie gely aan hartsiektes, suikersiekte en vetsug nie. Dit het intussen verander.

Toegegee, hulle lewensverwagting was nie noodwendig baie hoog nie, hulle het ander probleme gehad. Ysbere wat hulle in die sneeu rondjaag ensovoorts.

2. Boesmans. Een van die grootste lekkernye vir hulle is ‘n pot vet. Hulle dieet het baie vleis ingesluit.
Hartaanvalle en suikersiekte bestaan nie by hulle nie. Soos die eskimos het hulle ook baie  ander  probleme mee te kampe gehad. Punt is, uit ‘n suiwer dieetkundige oogpunt het hulle nie probleme met vet eet nie.

3. Die ouens rondom die Middellandsesee.  Tradisioneel eet hulle ook hoë-vet kos, en weereens was die voorkoms van hart en suiker siektes laag.

In al 3 gevalle hier bo was hulle kos onverfynd en in sy mees natuurlike vorm.

Byvoorbeeld – olie.  Proses van vervaardiging – industriëel geraffineerd of ge”coldpress”.

Hoe bly is ek nou daai lekker olyf olie is gesond.

Dier vette – battery hoender of vrylopend, voerkraal bees een wat loop en gras vreet.

Blykbaar geld it vis ook, geteelde vis uit ‘n visboerdery is nie so gesond soos “wilde” vis nie.

Ek gaan hierdie relaas nie langer maak nie, ek is seker dat mens vreeslik hierop kan uitbrei.

Die mees ironiese ding is dat selfs my oupa jare der jare gelede al volgehou het dat mens by natuurlike onverfynde kos moes hou. Hy was reg.. en daar is werklik niks nuuts onder die son nie.

9 antwoorde op Gesonde vet ?

  1. zephur het gesê op Julie 25, 2008

    Geluk met jou R300.

    Geniet moenie als op een plek mors nie, hel met als vandag so duur is dit maklik gedoen.

  2. ezile het gesê op Julie 25, 2008

    Baie geluk met jou prys, Meneer Pap. Dit is welverdiend. Geniet die naweek, ezile

  3. Ok, ek ignoreer die post oor vet(kos) op die stadium nie een van my aangenaamste aspekte in my lewe.
    maar sit nou mooi, imagin Bitterbek se heksie by jou voordeur instorm. Op en af spring en skree van blydskap: Hiep-Hiep Hoera! Veels geluk!!!
    Ek sien iemand wil jou betaal vir jou slim dinge.
    Dis sommer meer as reg met my.
    Geluk Petrus Pap.

  4. Vetjan het gesê op Julie 25, 2008

    Dankie Zeppie, hel dis ‘n lekker verassing, en nou voel ek nogal glad nie sleg oor ek netnou ‘n klomp geld in ‘n restaurant gebaals het nie.

  5. Vetjan het gesê op Julie 25, 2008

    Ezile dankie, en natuurli baie geluk met joune.

  6. Vetjan het gesê op Julie 25, 2008

    Bitterbek, baie dankie vir die mooi boodskap!

  7. abrham het gesê op Julie 26, 2008

    mollig/vet vrouens is ook gesond, hulle is gelukkig en embrace life!ek bedoel die met rennaisance lyfies.

  8. Vetjan het gesê op Julie 26, 2008

    Abrham, ongelukkig is oorgewig ook ‘n groot oorsaak van hartseer, spesifiek as dit kom by die veelvuldige verwante toestande soos suikersiekte, hoë bloedruk, hartkwale, heupe, kniee en enkels wat ingee en sulke goed.

  9. Vetjan het gesê op Julie 26, 2008

    Neil, ek stem volmondig saam.

Los ’n antwoord vir zephur. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.