Jy blaai in die argief vir 2008 Julie.

Buffeljags

Julie 31, 2008 in Sonder kategorie

Verby Hermanus, verby Gansbaai, verby Pearly Beach, maar voor die Dam is Buffeljags.

Daar bly ‘n vissersgemeenskap, wat nou maar weer sukkel nadat die perlemoen soort van op is, en die see gesluit is vir duik.

Verlede jaar nog het iemand ‘n helse soort partytjie georganize in die “karavaan park” daar.
Een van daai funksies wat dae lank aanhou met almal wat op ‘n plak is.

Dit lyk nou so daar :

Eet Kreef

Julie 30, 2008 in Sonder kategorie

Dis nog lank voor die kreef seisoen weer oopmaak.

Tienks by haar kreefgereg, die laaste een van die afgelope seisoen.

Dokter Masaka, Pink Floyd en die Tokelossie

Julie 30, 2008 in Sonder kategorie

Dokter Masaka , pas terug van ‘n KAM konferensie in Duitsland , het daar ‘n helse klomp kristalle gekoop. Alles was uitgepak op sy lessenaar en hy was baie in sy noppies met sy aankope. Al die nuwe behandelings!

“ Kyk net” wys hy vir my hoe mooi die lig deur die kristal skyn “n reënboog” , sterk towerkrag. Ek het dit beaam en nie elementêre hoërskool wetenskap eers genoem nie. Ou Jan Groenewald ( Dr Masaka se regte naam) het seker ook nie ‘n Dark Side of the Moon LP cover ooit onder oë gehad nie. Dalk was dit vit hom genoeg om te weet dat Pink Floyd magic musiek gemaak het. Watookal, ek weet nie.

Vanuit sy spreekkamer langs Kraaifontein stasie, het hy gekonsulteer en dolosse gegooi.

Leon Shuster kon net sy mister Bones  hairdo by dr Masaka afgekyk het.

Is daar spoke en geeste in jou huis, voel jy swak, asma, suikersiekte, hartkwale, is jy swak in die bed, onvrugbaar, te vrugbaar, benodig jy muti vir hofsake, het jy liefdes probleme, jaloersheid, epilepsie , aambeie of is jy mal ?

Dr Masaka kon jou help, met alles, wel amper. Net nie die Ontvanger nie.
 
Geen van die vennote van die firma waar ek destyds gewerk het wou naby Dr Masaka se spreekkamer kom nie, ‘n junior klerk was afgevaardig vir die belasting konsultasie.

Destyds was Petrus nie so pap nie.

KAM staan vir Komplimentêre en Alternatiewe Medisyne.

Dit is nou allerhande goed van energievelde tot aromaterapie.

Insluitende dolosse en moetie.

Ook ruk en pluk dokters – chiropraktisyns.

En die aartsbedrieërs – die Homeopate

“Imagine placing a drop of red dye into such a container so that it disperses evenly. Homeopathy’s “law of infinitesimals” is the equivalent of saying that any drop of water subsequently removed from that container will possess an essence of redness. Robert L. Park, Ph.D., a prominent physicist who is executive director of The American Physical Society, has noted that since the least amount of a substance in a solution is one molecule, a 30C solution would have to have at least one molecule of the original substance dissolved in a minimum of 1,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000,000 molecules of water. This would require a container more than 30,000,000,000 times the size of the Earth.”

Bron :

http://www.quackwatch.org/01QuackeryRelatedTopics/homeo.html

Terloops, ek het onlangs 2 boeke gelees :

Geloof Bygeloof en ander Wensdenkery deur George Claassen en

Suckers deur Rose Shapiro

My bed staan nie meer op bakstene nie.

Seekos

Julie 28, 2008 in Sonder kategorie

Kouewater vis is vir my lekkerder as warm water vis.

Skulpvis ook.

Beter tekstuur.

Weskuskreef is die lekkerste kreef ter wêreld.

Dit is so dat skulpvis nou nie eintlik met regte vis kan meeding wat gesondheidsaspekte betref nie. Veral filter eters soos mossels en oesters kan jou baie siek maak.. onder bepaalde omstandighede… maar om dit in perspektief te stel .. nou die dag is 3 mense oorlede van ‘n hoender wat hulle geëet het…. eintlik wil ek nie nou oor voedselvergiftiging skryf nie. Ook nie later nie.

Die plan is om komende Saterdagaand in Maputo garnale te gaan eet, want dit is die een soort seekos waar Mosambiek die voordeel het bo die Kaap. Vis daar kan ok wees as jy dit vars op die strand koop.

Die gewone ooskus kreef is volop in Mosambiek, maar die probleem is dat die gewone bestaansvissers daar die kreef vrekmaak tydens die vang proses. Die dooie kreef word dan nog vir ‘n paar uur , of meer as net ‘n paar uur, glad nie verkoel nie. Dan word hy weer te lank gekook, en iewers het daar gewoonlik ook sand op die toneel verskyn, so hulle bliksem dan alles toe onder die piri-piri. Jy eet en kners aan die sand, so drink maar gou-gou ‘n liter Laurentina om die piri-piri brand weg te spoel.

Al die foto’s hieronder is laas jaar geneem, op hierdie mooi Maandag is ek nog in die Strandveld.

‘n Coke vragmotor op die Catembe veerboot.

Catembe is oorkant die baai van Maputo.

Vissers by Catembe.

Groot vissersbote in Maputo.

Die Weer

Julie 27, 2008 in Sonder kategorie

Wanneer mens die weer ophaal is ‘n onderwerp, bestaan die vermoede dat jy eintlik niks het om te sê nie.

Miskien.

Ek boer nie, maar die weer het ‘n drastiese invloed op wat ek doen.

Vanoggend het www.weathersa.co.za nie voorspellings op gehad nie.

Het iemand by die SA weerburo verslaap of wat ?

Die weerburo het die beste weervoorspellings blaaie op die web, hopelik onthou iemand daar vandag om die voorspellings te laai.. die kalf is in die put.

Vanoggend reën dit.

Dit is nie lekker om in gietende reën te gaan fietsry nie, maar na bykans 2 weke van sonskyn wys die Kaap weer sy ware kleure.

Snaaks genoeg het die Noordwes die afgelope 2 weke telkens gewaai, en hard gewaai, maar die son het aanhou skyn.

‘n Reuse deining het Vrydag by die Kaap aangekom, en die ouens het gister ‘n suksesvolle “Big Wave” kompetisie by Houtbaai gehou.

http://www.redbullbwa.com

Hierdie webwerf het die hele storie, en daar is baie goeie aksie foto’s.

Petrus is tans nie in goeie shape om groot branders te gaan surf nie. Veral nie monsters soos die nie, en nog minder in water van 10 of 11 grade nie. Miskien is dit ‘n goeie ding dat die Blommekind my branderplank geleen/toegeëien het. As ek vandag fikser en ligter was, het ek nie nou hier gesit en tik nie, ek sou in die kar gewees het op pad Jeffries baai toe. Tough luck! … gelukkig is ‘n trippie Mosambiek toe wel aan die realiseer… waar maklike klein brandertjies in blou tropiese water wag.

I like to spend some time in Mozambique
The sunny sky is aqua blue
And all the couples dancing cheek to cheek.
It’s very nice to stay a week or two.

Sluwe Bitch

Julie 26, 2008 in Sonder kategorie

Die nie amptelike bekendstelling van ‘n volksvreemde en subversiewe produk. Eintlik nie heeltemal voksvreemd nie, maar altyd subversief.

Streng gesproke mag mens seker net die produk daar in die Noordweste die Mampoer noem. Witblits is seker beperk tot die Kaap, tot die vrug van die wingerd.

Hierdie is pruimbrandewyn. Let wel, nie enige soort pruim nie, kenners is baie spesifiek hieroor.Die regte soort is skynbaar die Damaskus pruim.Vir wat dit werd is.

Baie gewild in die hart van Europa, Van Serwië af op deur Slowenië, Oostenryk, met die groot meesters, so sal hulle jou duidelik laat verstaan, in Morawië. Maar nog meer spesifiek, die streek Wallagië. Daar waar hulle bekend is vir rebelsheid en onafhanklike denke….. Ek wonder wat sou Herman Charles Bosman daaroor te sê gehad het?

Slivovice, uitgespeek Slie-woe-wiets……… in goeie Afrikaans is dit “sluwe bitch”

Ek het intussen op goeie gesag verneem dat mnr Rudolf Jelenik wat Slivovice stook in die dorp Visovice, besluit het om Suid Afrika te teiken.

 Hiermee dan fotos van die nuutste aanslag op ons volk.



 

Die groen 1.5 liter koeldrankbottel hierbo, het nie koeldrank in nie, maar die tuisgemaakte ding.

Heel links is ‘n variant van sluwe bitch , die kleur is goud .. “Zlata” in Afrikaans : slat-ha sluwe bitch.

Ten slotte …… Op die heel beste gesag het ek natuurlik verneem dat hierdie produk die ideale digestief is , en baie gesond. Vanweë ruimte beperkings hier kan ek nou nie alles opnoem nie, maar dit is wel so.

Aangename verassing

Julie 25, 2008 in Sonder kategorie

Is wat Petrus vanaand gehad het toe hy check wat aangaan op die blogs.

Nogal lekker na ‘n lang dag Kaap toe.

Vanselfsprekend dink ek Spit it Out het uitstekende smaak in blogs, en verder baie geluk aan Murph en Ezile met hulle welverdiende pryse.

Gesonde vet ?

Julie 25, 2008 in Sonder kategorie

Met al die lesery, en die dikwels weersperekende “feite” waarop mens afkom oor dieet, is daar nou en dan interresante brokkies.

Al die jare het my ma volgehou dat mens net gebalanseerd moet eet. Omdat mens se ma altyd beter weet, en gewoonlik reg is, is dit wat ek ook glo. Natuurlik is sy reg, en nie te veel vet nie.

Wat ek nou verder uitgevind het is dat, al gaan mens op dieet, is dit beter om nie alle vet uit te sny nie.

Vet is goed vir jou.

Gekwalifiseerd. Die regte soort vet , en nie te veel nie.

Drie voorbeelde word aangehaal.

1.Tradisionele eskimos. Hulle tradisionele dieet het walvis vet, rob vleis, organe van beide hierdie soogdiere, en baie vis ingesluit. Groenland en die Noorpool is seker nie die beste plek op aarde vir die verbouing van groente en veselryke graansoorte nie. Tradisioneel het daardie eskimos nie gely aan hartsiektes, suikersiekte en vetsug nie. Dit het intussen verander.

Toegegee, hulle lewensverwagting was nie noodwendig baie hoog nie, hulle het ander probleme gehad. Ysbere wat hulle in die sneeu rondjaag ensovoorts.

2. Boesmans. Een van die grootste lekkernye vir hulle is ‘n pot vet. Hulle dieet het baie vleis ingesluit.
Hartaanvalle en suikersiekte bestaan nie by hulle nie. Soos die eskimos het hulle ook baie  ander  probleme mee te kampe gehad. Punt is, uit ‘n suiwer dieetkundige oogpunt het hulle nie probleme met vet eet nie.

3. Die ouens rondom die Middellandsesee.  Tradisioneel eet hulle ook hoë-vet kos, en weereens was die voorkoms van hart en suiker siektes laag.

In al 3 gevalle hier bo was hulle kos onverfynd en in sy mees natuurlike vorm.

Byvoorbeeld – olie.  Proses van vervaardiging – industriëel geraffineerd of ge”coldpress”.

Hoe bly is ek nou daai lekker olyf olie is gesond.

Dier vette – battery hoender of vrylopend, voerkraal bees een wat loop en gras vreet.

Blykbaar geld it vis ook, geteelde vis uit ‘n visboerdery is nie so gesond soos “wilde” vis nie.

Ek gaan hierdie relaas nie langer maak nie, ek is seker dat mens vreeslik hierop kan uitbrei.

Die mees ironiese ding is dat selfs my oupa jare der jare gelede al volgehou het dat mens by natuurlike onverfynde kos moes hou. Hy was reg.. en daar is werklik niks nuuts onder die son nie.

70 000

Julie 24, 2008 in Sonder kategorie

Mense het in 2003 ‘n konsert van die Slowakiese rockgroep Elan in Praag gaan bywoon.

Die groep sing al sedert die 80’s, en die liefdesliedjie is een van hulle mooistes. en is een van my gunstelinge.

The Top 5 essential truths

Julie 24, 2008 in Sonder kategorie

Before you go on diet again !!!

Dit is verseker “self inflicted”. Oorsprong nou die dag see google soektogte na menings oor die wyd en syd gerapporteerde artikel oor die lae koolhidraat vs die lae vet dieet. Allerhande websites en goed is besoek en ja teen my beterwete het sekere boksies ingevul en gekliek.

Die gevolg is dat ek nou pragtig in die visiere van Amerikaanse verslankingswebsites is. Ek het myself as’t ware gespam.

Hiermee dan die aardskuddende top 5 noodsaaklike waarhede aldus thedietsolution.com:

1.The meal plan must be designed by someone healthy.

Ek wonder of hulle al gehoor het van ” Do as I say , don’t do as I do” ?

BV. As ‘n emfiseemlyende hoesende proesende roker vir jou sê “rook is ‘n kak gewoonte” , beteken dit die advies is sleg ?

2. The meal plan must contain real food

Ek stem saam. Lemoene, appels, wortels, cashews ens is beslis beter as pille, aanvullings , bars en shakes.

Dis ‘n goeie een, die noodsaaklikheid daarvan is debateerbaar. Maar ek stem saam met die beginsel.

3. The meal plan must teach you what to eat.

Maw jy moet verstaan hoekom sekere kos goed is en ander sleg. Die onderliggende wetenskap. Goeie punt, maar mens hoef nie ‘n rocket scientist te wees om hierdie die beginsel hier te snap nie.

4.The meal plan must be sustainable for life

Ek dink hierdie een is baie geldig as ‘n noodsaaklike waarheid.

5. The meal plan must focus on health.

Ook goed.

Ok kom ons gee hulle 3 uit 5.

Maar nog steeds verskaf hulle geen harde inligting nie, daarvoor moet jy eers nog blokkies op hulle website invul, jou kredietkaart nommers en die bedrag van $ 39.95

Nagenoeg R 280 ( free gift en bonus e books ter waarde van $ 300 sal jou inskrywing vergesel)

What’s new ?