Planke toe.
Junie 14, 2008 in Sonder kategorie
Ek wou al vroeër vandag iets hier geskryf het.
Dit was nie moontlik nie, want ek is so ietwat moer toe….. Om dit ligweg te stel.
Ja, gisteraand het ek laataand iets geskryf en blogs gelees …. en die aantal glasies wyn het toegeneem tot die bottel leeg was.
Vanoggend met dagbreek was ek dus salig in droomland.
Teen 9 uur het ek wakker geword, en wat ‘n oggend ! Geen luggie wat roer nie.
My plan om Baardskeerdersbos toe te ry teen dagbreek, kon nie meer presies so uitgevoer word nie. Dagbreek het gekom en gegaan., maar omdat die dag so mooi was, en omdat ek gisteraand hier in blog land gesê het dis wat ek sal doen, het ek dit toe gedoen.
Teen 12.45 het die trippie begin. Perfekte weer.
Ek was van mening dat so 2 en ‘n kwart uur behoort genoeg te wees … sonder dat ek regtig geweet het PRESIES hoe ver Baardskeerdersbos eintlik is.
After all, met die kar is dit net om die draai.
Die Springbokke sou mos eers teen so 3 nm teen Wallis speel.
Alles goed en wel, en die trippie begin baie goed. Ek vat een laaaang opdraande en trap dit uit geen probleme nie.
Die Strandveld is mooi. Die uitsigte en alles.
Teen 2.15 kom ek aan in Baardskeerdersbos, en is nogal trots op myself dat ek slegs ‘n glasie water drink by die B-Bos Waenhuis.
Die versoeking was baie sterk om ‘n Carlingkie te knak, daarvan kan ek julle verseker.
Maar ek het nie.
‘n Paar minute later begin die terug tog…. maar wat nou … is dit wind wat waai ? Ja, darem nie te sterk nie. Bewolk ook geraak. Dan vat mens so nou en dan ‘n blaaskansie en neem ‘n paar pics.
Nog nooit vantevore volstruise langs die pad hier gesien nie.
Die selfoon kameratjie het sy beperkings.
Plate Proteas tussen die fynbos, en sommer teen die pad ook. Letterlik teen die pad.
Dieselfde bos teen ‘n ander hoek.
Teen 3 uur , en nog baie ver om te gaan, en redelik planke toe, dring die besef deur dat ek nie die begin van die wedstryd gaan maak nie.
Ek begin ook redelik strain vat, en raak redelik dors. Ek stoot die fiets uit teen ‘n opdraande van ten minste een km, toe is dit anderkant af. Dankie tog !!!! En daar voor in die pad , by Uilkraal is ‘n drinkplek .. ek hoor die wedstryd binne. Kry water en kyk 5 min. Wallis druk ‘n drie, en loop voor. Ek drink 2 glase water, ( I kid you not) en vat die pad. Draai in by Franskraal, die wind is van voor. ‘n Vars windjie, baie vars, eintlik fokken sterk. Seelangs ry ek tot by die huis. Maar eks planke toe. Teen 4 uur op die kop haal ek die huis. Drink water , kyk die wedstryd klaar, en kap om.
Ek is nou eers besig om min of meer tot verhaal te kom.
O ja, die afstand Baardskeerdersbos toe is 26 km , heen en weer 52 km.
Ek weet dis niks vir fietsryers nie, maar die laaste fietsry event waaraan ek deelgeneem het was deel van die skoolkermis in die laerskool.
Onlangse kommentare