Solitaire

Junie 30, 2008 in Sonder kategorie

 Namibië. Ander tydsone hier. Uur agter , dis kwart voor ses en donker. Ek het eers probeer om vanuit my slaapsak iets te skryf… met die selfoon .. maar hy wil nie blog nie. Die skermpie vat eenvoudig nie letters nie.

Internet toegang is nie vanselfsprekend nie. Jy laai ‘n program en jou stelsel stort in duie. In Opuwo is daar wifi in die restaurant en sitkamer van die hotel, maar as jou stelsel geduik het .. wat doen jy ?

Daar is wel sellulere antennas hier en daar in Kaokoland. Epupa het een. Okongwati ook. Marienfluss niks. Purros niks. Sesfontein het, Palmwag ook, maaar dit help ook nie as jou rekenaar nie op dreef wil kom nie, en die selfoonskermpie doen dit glad nie.

Op Swakop het die ouens by ‘n selfoonwinkel vir my ‘n CD geleen sodat ek Nokia PC suite kon oor installeer. Daarom kan ek vanoggend tussen 5 en 6 Namibia tyd op die stoepie by Solitaire sit en blog ..op my laptop.

My stilte laas week was tegnologies, en ek het eenvoudig nie die tyd of krag ( elektries of soms innerlik ) gehad om te blog nie.

Oefen en dieet ? Up to a point, ja wel. Duine uitgeloop.. dis goeie oefening. Rotskoppies om Spitzkoppe uitgeklouter. My koffie drink ek steeds sonder suiker. Wat my nou laat dink .. tyd om die vuur aan te steek.

2 antwoorde op Solitaire

  1. ezile het gesê op Julie 7, 2008

    Ek was al op Solitaire en hunker nou nog terug na die woestyn. Ai.

  2. Vetjan het gesê op Julie 7, 2008

    Namibië is regtig ‘n fantastiese land om deur te reis.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.