Water

Junie 18, 2008 in Sonder kategorie

Jy mag ‘n bottel water in duty free koop, hulle sal dit verseel as jy dit op die vliegtuig wil vat.

Ek is nie water behep nie, ek weet mos wanneer ek dors is en die kraan het baie water in.

My reisgenoot piekel wel ‘n bottel water oral saam, dis haar bottel was so pas by sekuriteit uitgelig was.

Sy, sowel as die vrou wat in my tuisdorp water filtreer, bottel en verkoop, het my al gewaarsku dat ek die 7 plae van Egipte kan verwag as ek aanhou kraanwater drink. Blykbaar baie ongesond.

Kraanwater het swaar metale, kwik, arseen, virusse en bakteriee wat vir niks skrik nie.

Alhoewel my breinsel nogal robuust is, en groot hoeveelhede alkohol kon oorleef, verneem ek ook dat dit kraanwater is wat my finaal in ‘n zombie gaan verander.

Slegs “reverse osmosis” gefiltreerde water is goed genoeg, en moenie eers dink aan sogenaamde “spring water” nie. Uit watter stroompie of fonteintjie kom dit in elk geval ? Miskien is daar ‘n bobbejaan karkas wat vrot so paar 100 meter stroom op .. of is dit dan nou nie regte egte berg fontein water nie?

Bottled at the source en al daai.

Ironies genoeg is my fraaie reisgenoot se blikkie Tab ook as ongewens verklaar deur die sekuriteitsmense. Ek stem saam met hulle. Fokken gif. Sy wat vir my preek oor gesond leef en alles, dat bv. slegs organiese hoender eetbaar is… maar sy drink Tab …. en sy rook !!  Gelukkig nooit in my teenwoordigheid nie.

Wie wil in elk geval ‘n bottel water saamneem op ‘n vliegtuig, hulle het mos daarvan aanboord.

Andersins moet jy dit opdrink terwyl jy wag. Ek drink maar koffie.

Die wifi hier wil nie werk nie, ten spyte van ‘n volsterkte sein. Die laaste ding waarvoor ek nou lus voel is om aan allerhande tegniese settings te karring.

Liewer maar weer die sellefoon inplug. Dit is immers my voorland vir eers.

3 antwoorde op Water

  1. Kinders moenie in die water mors nie, die ou mense wil dit drink…

  2. Magdavwyk het gesê op Junie 18, 2008

    Ai Petrus, die alewige debat oor water, kom ons wag maar tot die helfte van die buurt plat le van ‘n maagvirus voor ons worry…lol

  3. Vetjan het gesê op Junie 18, 2008

    Hi Max, ek stem saam 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.