Mobiele konneksies in ander lande
Junie 18, 2008 in Sonder kategorie
Dit is ‘n onaardige gekarring, en ek het juis nie tyd vir die gefoeter nie.
Hoekom party sellulere netwerke net drama gee, en ander weer maklik werk bly vir my ‘n raaisel.
Of die een – op my selfoon self werk die internet 100%. Prop ek die kabeltjie by my laptop in, dan wil hy nie met die netwerk verbind nie, ook nie met bloutand nie.
Wat ‘n gefoeter, ek haat dit om op die web rond te krap op die ou klein selfoon skermpie.
Of ek die ding hoegenaamd gaan baasraak is ‘n ope vraag.
Verdomp !!
soniacabano het gesê op Junie 27, 2008
Jy’t stil geraak, jong, hoop nie jy het ‘n spier verrek met al die oefeninge nie!
Vetjan het gesê op Junie 30, 2008
‘n Tegnologiese spier !!!