Whats new ?

Junie 17, 2008 in Sonder kategorie

 Heeldag in die Kaap rondgeskarrel met allerhande last minute bullshit.

Niks oefening vandag gedoen nie, amper ‘n coke gedrink oor middagete maar toe nie.

Middelmatig geëet. Nie besonder sleg nie, nie besonder goed nie …en ja die rooi wyn vloei alweer.

Rooi wyn is my plaasvervanger vir diet shakes. Hoes daai.

Wat is ‘n diet shake anyway ?

OK, later vannaad sal ek bietjie gaan oefen, ek leer allerhande soorte terminologie aan met hierdie oefen besigheid.
bodyweight exercises , dws pushups, ster spronge en sulke goed.

Die grap is al daai goed werk.

Ek is nou wel vanaand in die Kaap, maar hier is ‘n baie handige bultjie hier naby, 100% reg vir ‘n paar opdraende sprints.
Kortetjies, maar 5 of 6 van hulle, en ek sal wil omval.

Ten minste kan ek nog sprint en pushups doen.

Ek wyk af, wat ek eintlik wou sê is dat hoe meer mens lees oor oefening en verslanking, hoe meer besef jy dat jy die antwoorde eintlik ken.

Ene Jack Lalanne ( weet nie regig wie hy is nie, jy sal maar moet gaan google) het gesê ” Exercise is King, nutrition is queen, put the two together and you have a kingdom”. Ou Jack , jy is reg…  but whats new china?

Ten slotte iets oor blogs. Soos ons almal baie goed weet kan jy bykans enige ding skryf op ‘n blog, of amper orals op die net.
Almal weet van, maar hopelik is julle nie (te) bekend met al die wilde porn sites nie, of die Amerikaanse weermag se snuff moewies op you tube nie.

Hier gaan dit meer oor alles wat ek of jy kan kwytraak op ‘n gawe blogforum soos die litnet een.

Ons kan wel verskriklik lieg as ons wil. Ek kan vertel hoe ver ek op die fiets gery het of watse oefening ek gedoen het en wat ek eet en wat ek nie eet nie.

Dit is alles moontlik, maar die mees verbasende ding is dat ek vind dat as ek ‘n brag gemaak het op hierdie blog, dan voel ek totaal gedrewe om dit te doen.

Meer so in sommige gevalle as wat ek miskien terloops teenoor iemand by die kafee of waar ookal opgemerk het.

Laat mens wonder…….. en Mnr Jelenik se wonderkuur is nie eers naby nie !

4 antwoorde op Whats new ?

  1. Ja, Petrus, dit sou half sinneloos wees om te jok op jou blog.

    Mensig, jy’s gedetermineerd, né?
    Mooi so. Aanhouer wen.

  2. Vetjan het gesê op Junie 17, 2008

    Inderdaad Sonia, snaaks dat iets soos ‘n blog ingespan kan word om met motivering te help.. of is dit dalk dat dit help om iets eenvoudig net neer te skryf?

  3. Vetjan het gesê op Junie 17, 2008

    Dankie Mr G.. oeps 🙂

  4. Ek dink dit werk soos ‘positive affirmations’. Dit werk vir my, in elk geval. Ek het van voor af herontdek hoe lief ek is vir gedigte, en hoe lekker dit is om na ander mense te ‘luister’.
    Dit kan ‘n baie life-affirming ervaring wees, uitgesluit die kere wanneer mense aan jou kom torring en torring tot jy uitrafel en begin skree, natuurlik. 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.