Koffie

Junie 16, 2008 in Sonder kategorie

Noudat ons vasgestel het dat allerhande verskillende diëte almal tog min of meer werk, mits jy natuurlik min of meer daarby hou, wonder ek of mens elemente van verskillende diëte kan meng.

Byvoorbeeld koffie.

Ek is nogal lief vir koffie. Regte koffie.

Ek vermy kitskoffies, en het nooit ‘n smaak vir sigorei mengsels ontwikkel nie . Soos Ricoffy , Frisco en al daai soorte.

Tot ek 20 was het ek nooit koffie of tee gedrink nie. Tee drink ek eintlik nog steeds nie, alhoewel ek nou onlangs as deel van my verslankings planne Rooibos begin drink het. Sonder suiker.

Koffie is tog lekkerder as tee, en ek hou daarvan swart.

Moenie “decaf” eers naby my bring nie. Dit is soos om alkoholvrye bier te drink. Sinneloos.

Die een dieet/voedingkundige sê mens moet glad nie wyn en koffie drink nie, en veral ook nie assosieer met mense wat wyn drink nie, aangesien hulle jou net in die versoeking gaan lei.

Daarom was ek baie bly om te verneem van ‘n ander dieet/voedingkundige wat sê nee, dis ok. Koffie is toelaatbaar.

Dit is nie net toelaatbaar nie, as jy dit in die oggend drink so ruk voor jy gaan oefen is, help dit om jou metabolisme aan te jaag. So jy brand meer kilojoules met koffie as sonder koffie.

Een glas wyn in die aand is klaarblyklik oor gesond, en sal ook jou verslankings pogings aanhelp. Rooiwyn, nie wit nie.

Dieselfde aalwyn as nou die dag , eintlik om te wys dit reën vandag.

Vanoggend was wat ek noem ‘n standaard Kaapse winteroggend. Reënerig en winderig. Snaaks tog, die wind waai suid suidoos. Dan skyn die son seker in die stad. Ek het by Hansie se bloubul gym gaan oefen, maar die beplande fietsry strandlangs Pearly beach toe is gekanselleer. Sal aan iets ander moet dink vir die kardio-, miskien die trappe by Klipgat of iets.

Gisteraand. Die 2 donkerkoppe is myne, die ligtekoppe is die niggies. Ek en my broer was buite besig om te braai. Ek hoop julle het almal ook ‘n lekker naweek sover.

2 antwoorde op Koffie

  1. Die son skyn, ja, maar die yskoue wind druk vingers orals in, en is boonop sterk genoeg om mens van jou voete af te lig.

    Koffie – goeie koffie, ordentlik gemaak, is baie gesond vir mens, mits jy dit nie oordoen nie en ook nie te veel suiker, room en melk byvoeg nie.
    ‘n Klein koppie soggens of na ete is ‘n digestif – stimuleer die lewer.

    Meeste diéetkundiges weet nie waarvan hulle praat nie en behandel mense soos witrotte in laboratoriums. Steur jou nie aan hulle nie.
    LOL

  2. Vetjan het gesê op Junie 16, 2008

    Daar bevestig jy wat ek die heeltyd vermoed het. Dat ordentlike koffie gesond is vir ‘n mens. Jippie !!

    Dis nou ‘n swartsuidooster hier , verdomp sterk en ja yskoud… dis ‘n ding van die Strandveld.. suidoos met reën.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.