Dieet vergelyking.

Junie 15, 2008 in Sonder kategorie

Daar is honderde verskillende diete. Wat werk en wat werk nie? Verwarrend.

Hier verwys ons nou na dieet in die konteks van verslank, gewigsverlies en nie na die term : “wat is jou dieet? “ in die sin van wat eet jy oor die algemeen nie.

Byvoorbeeld, die Weight Watchers dieet of die Mayo dieet of Atkins dieet en al die ander.

Dit is glad nie verbasend dat heelwat navorsing oor die goed gedoen is nie. Ook nie verbasend dat amper ALLE dieetplanne in die kort termyn werk nie.

Oor die algemeen is daar bevind dat waar mense ‘n dieet volg, die resultate na 6 maande min of meer dieselfde is, ongeag watter dieet gevolg is.

Om in die langer termyn fiks en gesond te bly het eintlik bittermin met ‘n kort termyn dieet uit te waai. Dit gaan oor hoe jy leef.

Kilojoules in en kilojoules uit.

Gesonde en ongesonde kos….. en oefening.

Lekker eet het ook meer as 2 betekenisse.

Een is byvoorbeeld om ‘n hele bak of bord ( of twee) van tant San se boerekos op te eet. Hoeveelheid. Ons aanvaar tant San se kos smaak ook ok.

Andersins miskien lekker eet in die sin van by goeie vriende gaan eet.

Waarna ek eintlik wil verwys is lekker eet verwysende na smake, geure en die interaksie daarvan met jou neus en tong. Om die smaak van kos te geniet.

Die groot vraag is in watter mate jy oor nog steeds smake kan najaag sonder dat jy weer ‘n klomp gewig gaan optel ?

Die antwoord lê seker by balans. Om die kilojoules in en kilojoules uit vergelyking iewers in die agterkop te hou.

Iewers in die agterkop seker want ek kan my aan niks meer vervelig indink as iemand wat aan tafel heeltyd aangaan oor wat vet maak en wat nie, kan nie die eet nie en kan nie daai eet nie, en aan en aan.

Die verwysings na die navorsing hierbo het ek op die web gekry :

(1) Truby H, et al. Randomised controlled trial of four commercial weight loss programmes in the UK: initial findings from the BBC “diet trials” BMJ 2006;332:1309-1314 (3 June),

(2) Michael D., et al, Comparison of the Atkins, Ornish, Weight Watchers, and Zone Diets for Weight Loss and Heart Disease Risk Reduction. A Randomized Trial. JAMA. 2005;293:43-53.

(3) Comparison of Diets for Weight Loss and Heart Disease Risk Reduction—Reply. Michael Dansinger. JAMA. 2005;293:1590-1591.

6 antwoorde op Dieet vergelyking.

  1. amydem2 het gesê op Junie 15, 2008

    yup balans balans… nert vrek moeilik!!!

  2. OK! Nou gaan ek vir die 4de keer ‘n comment probeer los.

    Lekker aand!

  3. lol……toe werk dit nou!!

  4. Vetjan het gesê op Junie 15, 2008

    Howzit Kietie, daar werk dit toe !
    Lekker aand en ek hoop die nare griep waai nou weg.

  5. Rissiepit het gesê op Julie 1, 2008

    Ek is op ‘n protein dieet.

    Het so jaar of wat terug 21kg verloor. weer so 10 opgetel en weer 6 verloor van April af. Nie baie goed vir jou nie en jy raak moeg as jy nie stysel inkry nie, maar ek eet nie meer brood aartappels of pasta nie. Ek sukkel nog met die rys, maar as ek dit eet, dan eet ek net ‘n handpalm vol. Stysel is in elk geval sleg sonder sout en speserye so ek mis dit nie. Jy moet ‘n multivitamine en folic acid saam drink met hierdie dieet om die vette te verbrand en ‘n Vit B aanvulling om die moegheid te verwerk. Maar ek eet genoeg groente en vleis en slaai. Geen vrugte behalwe strawberries nie en geen suiker nie en ek het ‘n soet tand. *sug* so as dit soettand die oorhand kry drink ek so bietjie raspberry sweeto.. en natuurlik baie water. Sterkte met jou dieet. Hierdie een werk vir my.

  6. Vetjan het gesê op Julie 1, 2008

    Hi Rissiepit, as hy vir jou werk dan werk hy. Hoë protein is ok, maar ek eet nog stysel, net versigtiger, en vermy sover ek kan alle gerafineerde stysel. Ek het verneem dat patats ‘n baie goeie stysel is. Ek vermy witbrood totaal ens.Ek stem saam met die navorsers dat baie diete werk.. dit is die lang termyn volhoubaarheid .. en oefening !!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.