Jy blaai in die argief vir 2008 Junie.

Viva Espana

Junie 30, 2008 in Sonder kategorie

Moose se bitterklein sitkamertjie het ‘n TV. Die kamertjie is volgepak met duitsers.

Eurocup finaal .. sokker.

Voor halftyd score Torres ‘n goal.

Ek is al ou wat cheer, die duitsers gee my kwaai kyke, en ek vertel hulle reguiy ek skree vir Spanje.

Halftyd gaan kry ek koffie en gooi brannas in.

Later hoor ek Spanje het gewen … die eerste keer in baie baie jare !

Solitaire

Junie 30, 2008 in Sonder kategorie

 Namibië. Ander tydsone hier. Uur agter , dis kwart voor ses en donker. Ek het eers probeer om vanuit my slaapsak iets te skryf… met die selfoon .. maar hy wil nie blog nie. Die skermpie vat eenvoudig nie letters nie.

Internet toegang is nie vanselfsprekend nie. Jy laai ‘n program en jou stelsel stort in duie. In Opuwo is daar wifi in die restaurant en sitkamer van die hotel, maar as jou stelsel geduik het .. wat doen jy ?

Daar is wel sellulere antennas hier en daar in Kaokoland. Epupa het een. Okongwati ook. Marienfluss niks. Purros niks. Sesfontein het, Palmwag ook, maaar dit help ook nie as jou rekenaar nie op dreef wil kom nie, en die selfoonskermpie doen dit glad nie.

Op Swakop het die ouens by ‘n selfoonwinkel vir my ‘n CD geleen sodat ek Nokia PC suite kon oor installeer. Daarom kan ek vanoggend tussen 5 en 6 Namibia tyd op die stoepie by Solitaire sit en blog ..op my laptop.

My stilte laas week was tegnologies, en ek het eenvoudig nie die tyd of krag ( elektries of soms innerlik ) gehad om te blog nie.

Oefen en dieet ? Up to a point, ja wel. Duine uitgeloop.. dis goeie oefening. Rotskoppies om Spitzkoppe uitgeklouter. My koffie drink ek steeds sonder suiker. Wat my nou laat dink .. tyd om die vuur aan te steek.

Mobiele konneksies in ander lande

Junie 18, 2008 in Sonder kategorie

Dit is ‘n onaardige gekarring, en ek het juis nie tyd vir die gefoeter nie.

Hoekom party sellulere netwerke net drama gee, en ander weer maklik werk bly vir my ‘n raaisel.

Of die een – op my selfoon self werk die internet 100%. Prop ek die kabeltjie by my laptop in, dan wil hy nie met die netwerk verbind nie, ook nie met bloutand nie.

Wat ‘n gefoeter, ek haat dit om op die web rond te krap op die ou klein selfoon skermpie.

Of ek die ding hoegenaamd gaan baasraak is ‘n ope vraag.

Verdomp !!

Water

Junie 18, 2008 in Sonder kategorie

Jy mag ‘n bottel water in duty free koop, hulle sal dit verseel as jy dit op die vliegtuig wil vat.

Ek is nie water behep nie, ek weet mos wanneer ek dors is en die kraan het baie water in.

My reisgenoot piekel wel ‘n bottel water oral saam, dis haar bottel was so pas by sekuriteit uitgelig was.

Sy, sowel as die vrou wat in my tuisdorp water filtreer, bottel en verkoop, het my al gewaarsku dat ek die 7 plae van Egipte kan verwag as ek aanhou kraanwater drink. Blykbaar baie ongesond.

Kraanwater het swaar metale, kwik, arseen, virusse en bakteriee wat vir niks skrik nie.

Alhoewel my breinsel nogal robuust is, en groot hoeveelhede alkohol kon oorleef, verneem ek ook dat dit kraanwater is wat my finaal in ‘n zombie gaan verander.

Slegs “reverse osmosis” gefiltreerde water is goed genoeg, en moenie eers dink aan sogenaamde “spring water” nie. Uit watter stroompie of fonteintjie kom dit in elk geval ? Miskien is daar ‘n bobbejaan karkas wat vrot so paar 100 meter stroom op .. of is dit dan nou nie regte egte berg fontein water nie?

Bottled at the source en al daai.

Ironies genoeg is my fraaie reisgenoot se blikkie Tab ook as ongewens verklaar deur die sekuriteitsmense. Ek stem saam met hulle. Fokken gif. Sy wat vir my preek oor gesond leef en alles, dat bv. slegs organiese hoender eetbaar is… maar sy drink Tab …. en sy rook !!  Gelukkig nooit in my teenwoordigheid nie.

Wie wil in elk geval ‘n bottel water saamneem op ‘n vliegtuig, hulle het mos daarvan aanboord.

Andersins moet jy dit opdrink terwyl jy wag. Ek drink maar koffie.

Die wifi hier wil nie werk nie, ten spyte van ‘n volsterkte sein. Die laaste ding waarvoor ek nou lus voel is om aan allerhande tegniese settings te karring.

Liewer maar weer die sellefoon inplug. Dit is immers my voorland vir eers.

Whats new ?

Junie 17, 2008 in Sonder kategorie

 Heeldag in die Kaap rondgeskarrel met allerhande last minute bullshit.

Niks oefening vandag gedoen nie, amper ‘n coke gedrink oor middagete maar toe nie.

Middelmatig geëet. Nie besonder sleg nie, nie besonder goed nie …en ja die rooi wyn vloei alweer.

Rooi wyn is my plaasvervanger vir diet shakes. Hoes daai.

Wat is ‘n diet shake anyway ?

OK, later vannaad sal ek bietjie gaan oefen, ek leer allerhande soorte terminologie aan met hierdie oefen besigheid.
bodyweight exercises , dws pushups, ster spronge en sulke goed.

Die grap is al daai goed werk.

Ek is nou wel vanaand in die Kaap, maar hier is ‘n baie handige bultjie hier naby, 100% reg vir ‘n paar opdraende sprints.
Kortetjies, maar 5 of 6 van hulle, en ek sal wil omval.

Ten minste kan ek nog sprint en pushups doen.

Ek wyk af, wat ek eintlik wou sê is dat hoe meer mens lees oor oefening en verslanking, hoe meer besef jy dat jy die antwoorde eintlik ken.

Ene Jack Lalanne ( weet nie regig wie hy is nie, jy sal maar moet gaan google) het gesê ” Exercise is King, nutrition is queen, put the two together and you have a kingdom”. Ou Jack , jy is reg…  but whats new china?

Ten slotte iets oor blogs. Soos ons almal baie goed weet kan jy bykans enige ding skryf op ‘n blog, of amper orals op die net.
Almal weet van, maar hopelik is julle nie (te) bekend met al die wilde porn sites nie, of die Amerikaanse weermag se snuff moewies op you tube nie.

Hier gaan dit meer oor alles wat ek of jy kan kwytraak op ‘n gawe blogforum soos die litnet een.

Ons kan wel verskriklik lieg as ons wil. Ek kan vertel hoe ver ek op die fiets gery het of watse oefening ek gedoen het en wat ek eet en wat ek nie eet nie.

Dit is alles moontlik, maar die mees verbasende ding is dat ek vind dat as ek ‘n brag gemaak het op hierdie blog, dan voel ek totaal gedrewe om dit te doen.

Meer so in sommige gevalle as wat ek miskien terloops teenoor iemand by die kafee of waar ookal opgemerk het.

Laat mens wonder…….. en Mnr Jelenik se wonderkuur is nie eers naby nie !

Traveling light

Junie 16, 2008 in Sonder kategorie

Is the only way to fly.

Vir die volgende 3 weke.

Die plan is om te sien in watter mate mens kan aanhou oefen, en watse oefeninge moontlik gaan wees.
Ook in watter mate mens ‘n gesonde dieet kan handhaaf op ver paaie.

GPRS konneksies is heelwat stadiger as DSL of 3G en al die nuwe tegnologie.. ek gaan staatmaak op afgelee antennas waar hulle ookal mag voorkom, maar sal so nou en dan iets kan pos.

watch this space.

Vandag se storie

Junie 16, 2008 in Sonder kategorie

Sonia se vraag : Wat het jy vandag alles geëet en gedrink ?

Val so reg in die kraal van hierdie blog , aangesien dit hier gaan oor oefening, kos en verslanking .. ok so nou en dan iets anders ook, maar anyway, hier is vandag se lys :

Vanoggend :

2 Lemoene

2 glase water

2 koppies Rooibos met melk, geen suiker.

Sny roosterbrood met kaas

Middag

2 skeppe lamsbredie met bruin rys.

Later

1 koppie swart koffie, 1 teelepel suiker

Aand

2 salm maki

2 garnaal maki

2 avo maki

stukkie geelbek

4 garnale medium klein

3 mossels

rys

halwe bottel rooi wyn

1 espresso enkel, geen suiker nie

Koffie

Junie 16, 2008 in Sonder kategorie

Noudat ons vasgestel het dat allerhande verskillende diëte almal tog min of meer werk, mits jy natuurlik min of meer daarby hou, wonder ek of mens elemente van verskillende diëte kan meng.

Byvoorbeeld koffie.

Ek is nogal lief vir koffie. Regte koffie.

Ek vermy kitskoffies, en het nooit ‘n smaak vir sigorei mengsels ontwikkel nie . Soos Ricoffy , Frisco en al daai soorte.

Tot ek 20 was het ek nooit koffie of tee gedrink nie. Tee drink ek eintlik nog steeds nie, alhoewel ek nou onlangs as deel van my verslankings planne Rooibos begin drink het. Sonder suiker.

Koffie is tog lekkerder as tee, en ek hou daarvan swart.

Moenie “decaf” eers naby my bring nie. Dit is soos om alkoholvrye bier te drink. Sinneloos.

Die een dieet/voedingkundige sê mens moet glad nie wyn en koffie drink nie, en veral ook nie assosieer met mense wat wyn drink nie, aangesien hulle jou net in die versoeking gaan lei.

Daarom was ek baie bly om te verneem van ‘n ander dieet/voedingkundige wat sê nee, dis ok. Koffie is toelaatbaar.

Dit is nie net toelaatbaar nie, as jy dit in die oggend drink so ruk voor jy gaan oefen is, help dit om jou metabolisme aan te jaag. So jy brand meer kilojoules met koffie as sonder koffie.

Een glas wyn in die aand is klaarblyklik oor gesond, en sal ook jou verslankings pogings aanhelp. Rooiwyn, nie wit nie.

Dieselfde aalwyn as nou die dag , eintlik om te wys dit reën vandag.

Vanoggend was wat ek noem ‘n standaard Kaapse winteroggend. Reënerig en winderig. Snaaks tog, die wind waai suid suidoos. Dan skyn die son seker in die stad. Ek het by Hansie se bloubul gym gaan oefen, maar die beplande fietsry strandlangs Pearly beach toe is gekanselleer. Sal aan iets ander moet dink vir die kardio-, miskien die trappe by Klipgat of iets.

Gisteraand. Die 2 donkerkoppe is myne, die ligtekoppe is die niggies. Ek en my broer was buite besig om te braai. Ek hoop julle het almal ook ‘n lekker naweek sover.

Dieet vergelyking.

Junie 15, 2008 in Sonder kategorie

Daar is honderde verskillende diete. Wat werk en wat werk nie? Verwarrend.

Hier verwys ons nou na dieet in die konteks van verslank, gewigsverlies en nie na die term : “wat is jou dieet? “ in die sin van wat eet jy oor die algemeen nie.

Byvoorbeeld, die Weight Watchers dieet of die Mayo dieet of Atkins dieet en al die ander.

Dit is glad nie verbasend dat heelwat navorsing oor die goed gedoen is nie. Ook nie verbasend dat amper ALLE dieetplanne in die kort termyn werk nie.

Oor die algemeen is daar bevind dat waar mense ‘n dieet volg, die resultate na 6 maande min of meer dieselfde is, ongeag watter dieet gevolg is.

Om in die langer termyn fiks en gesond te bly het eintlik bittermin met ‘n kort termyn dieet uit te waai. Dit gaan oor hoe jy leef.

Kilojoules in en kilojoules uit.

Gesonde en ongesonde kos….. en oefening.

Lekker eet het ook meer as 2 betekenisse.

Een is byvoorbeeld om ‘n hele bak of bord ( of twee) van tant San se boerekos op te eet. Hoeveelheid. Ons aanvaar tant San se kos smaak ook ok.

Andersins miskien lekker eet in die sin van by goeie vriende gaan eet.

Waarna ek eintlik wil verwys is lekker eet verwysende na smake, geure en die interaksie daarvan met jou neus en tong. Om die smaak van kos te geniet.

Die groot vraag is in watter mate jy oor nog steeds smake kan najaag sonder dat jy weer ‘n klomp gewig gaan optel ?

Die antwoord lê seker by balans. Om die kilojoules in en kilojoules uit vergelyking iewers in die agterkop te hou.

Iewers in die agterkop seker want ek kan my aan niks meer vervelig indink as iemand wat aan tafel heeltyd aangaan oor wat vet maak en wat nie, kan nie die eet nie en kan nie daai eet nie, en aan en aan.

Die verwysings na die navorsing hierbo het ek op die web gekry :

(1) Truby H, et al. Randomised controlled trial of four commercial weight loss programmes in the UK: initial findings from the BBC “diet trials” BMJ 2006;332:1309-1314 (3 June),

(2) Michael D., et al, Comparison of the Atkins, Ornish, Weight Watchers, and Zone Diets for Weight Loss and Heart Disease Risk Reduction. A Randomized Trial. JAMA. 2005;293:43-53.

(3) Comparison of Diets for Weight Loss and Heart Disease Risk Reduction—Reply. Michael Dansinger. JAMA. 2005;293:1590-1591.

Avatar

Junie 15, 2008 in Sonder kategorie

 Mens sê seker seekoeimannetjie,  dit kan seker nie seekoei- koei en seekoeibul wees nie ?

Hy lyk ietwat omgekrap.