Piet,Pieta…
Maart 28, 2014 in Uncategorized
Na ‘n lang lyding is jy uiteindelik Woensdagmiddag sag heen.Ai Piet,dit was verskriklik en jou familie moes dit aanskou.
Ek onthou jou as hierdie gulhartige mens,wat elkeen op jou pad,spesiaal laat voel het.Met jou lekker Namibiese aksent en sêgoed,kon ons vir ure aan jou lippe hang.Wanneer jou vingers oor die kitaarsnare gestryk het en die liedjies met jou mooie stem die atmosfeer vul,kon niemand om jou hartseer of in ‘n slegte bui bly nie.Dis die effék wat jy op mense gehad het.
Ek sien jou nog met die braaitang voor die rooster met sissende vleisies of ‘n vissie op die kole…vol storietjies oor die dinge van die lewe,die allerdaagse dinge wat mens laat lag.Deur jou oë kon jy die eenvoudigste gebeurtenis omskep in ‘n snaaksigheid,wat lagtrane laat rol.
Jou spottery met jou Suidwes-eelt (lekker ronde maag) en hoe jy “ruim skep” by die kosbakke,sal altyd in ons harte deel wees van wie jy was.
Dankie dat jy vir ‘n kort tydjie deel van ons lewens kon wees….ons gaan jou mis ou Pieta!
tina10 het gesê op Maart 28, 2014
Jammer om te hoor! *drukkie*
perdebytjie het gesê op Maart 28, 2014
@tina10 Baie dankie,ek waardeer dit.
danie coetzee het gesê op Maart 28, 2014
Jammer. ‘n Groot leemte. Sterkte!
perdebytjie het gesê op Maart 28, 2014
@daniec Dis maar die verloop van die lewe..net hartseer dat ons vriend so verskriklik moes ly.
ek-myself het gesê op Maart 28, 2014
Die spore wat mense in ons lewe los….
perdebytjie het gesê op Maart 28, 2014
@ek-myself Hierdie was wonderlike spore.
exionperfexi het gesê op Maart 28, 2014
sulke mooi herinneringe maak mos die lewe dubbel en dwars die moeite werd …
perdebytjie het gesê op Maart 28, 2014
@exionperfexi Dis baie waar!Dankie vir inloer.
maryna het gesê op Maart 28, 2014
Ai, ek treur saam vandag, het die storie van Pieta gevolg. Suidwes-eelt? 🙂 Hy sal met deernis voortleef in baie gedagtes. My innige meegevoel Perdebytjie.
maryna het gesê op Maart 28, 2014
Ek kry nou nie jou Skaduwee bloginskrywing met die pragtige fotos nie en wou nog daarop kommentaar lewer. Die een van jou met die kampstoeltjies teen die rotsrooi agtergrond was my gunsteling, dit was pragtig.
perdebytjie het gesê op Maart 28, 2014
@marynam Dit was heerlike pret om daardie foto’s te neem.Dankie dat jy gaan kyk het.
perdebytjie het gesê op Maart 28, 2014
@marynam Dankie vir die meegevoel.Ek waardeer dit geweldig baie.
charly hardy het gesê op Maart 28, 2014
Ek si jammer dis so hartseer. Ek het ook ‘n vriendin wat ek nie weet of ek haar ooit weer gaan sien nie, en dis baie swaar.
perdebytjie het gesê op Maart 28, 2014
@charly Ja dis die deel van die lewe waarvan ons almal wegskram.Niks lekker.
Henry @kompethenry het gesê op Maart 30, 2014
Ag hel. Sterkte daar!
perdebytjie het gesê op Maart 30, 2014
@kompethenry Dis sleg!Ons gaan juis môre Namibië toe vir sy begrafnis.