Vasco en sy handsak.Spesiaal vir….
Januarie 31, 2014 in Uncategorized
@ladygodiva My seun se Bokser kuier vir twee weke by ons en dis nogal ‘n probleem met my klein Schnausers,wat hom nie ‘n straaltjie son oor sy kop gun nie!
Aanvanklik was hulle hondverskrik vir die reuse lummel,want met ‘n pootklap het hy vir Tienkie onderstebo gerol.Hy wou regtig net speel.Frankie hang heeltyd soos ‘n bloedsuiende vampier aan Vasco se oor,as hy dit naby my of Tienkie waag!Na weke se droogte reën dit heerlik,maar skep dit nogal drama met die woewe.Dan moet dié een hier toegemaak word en daardie een moet daar uitgaan,dis ‘n organisasie met kosgee en wie se koppe gevryf mag word en wie s’n nie! Boonop moet die telers,tuinier en huishulp ook in gedagte gehou word.Dus ‘n hele beplanningseremonie om almal uit almal se hare te hou!
Vasco is die dierbaarste siel en so gehoorsaam,maar twee beskermende,keffende,gillende (hulle gil regtig) Snauchies gaan nie sommer besgee aan hul status in hierdie huis nie!
Uit radeloosheid het Vasco my dogter se handsak ingepalm en dit lê en oppas asof dit sy eie is.Wat is dit tog met Boksers en handsakke?
Onlangse kommentare