Jy blaai in die argief vir 2013 Desember.

Wolke is…

Desember 10, 2013 in Uncategorized

lewegewend,kan verwoesting saai,gee skadu,wek skrikwekkende elektriese ladings op,wat lei tot die ongelooflikste,vreesaanjaende skouspelle van blitsende weerligstrale.Wolke is vir my van die mooiste verskynsels in die natuur en ek het al in ‘n paal vasgeloop,terwyl ek met my kop in die wolke vergeet het om te kyk wat hier onder aangaan!

_MG_9242

Hierdie foto het ek in September in Damaraland geneem.

_MG_9306

Dieselfde dag,met die Huabrivier in die voorgrond.

_MG_9238

Wie het gedink net die Kaap het ‘n tafelberg met ‘n wasige doek?Damaraland in miswolke gehul.