Weerkaatsings..mymeringe oor wat verby is

Desember 31, 2013 in Uncategorized

Die oujaar lê op sy rug en skop nog net floutjies.Teen vanaand,sal hy ‘n oplewing beleef met klapperknalle en dronk lywe wat wieg op maat van die tot vervelens-gesingde “Old Lang Syne”.Daarna sal hy sidderend sterf.Miljoene pretmakers sal vir oulaas drink op dit wat vir ewig verby is en gillend met drankglase omhoog en spuitende sjampanjebottels,die nuwe jaar binneval.

Die nuwe jaar is eintlik maar net ‘n weerkaatsing van die ou ene,met hier en daar ‘n wysiging.Die siklusse in die natuur kom en gaan soos dit reeds vir miljoene jare doen.Ons ou spikkeltjie-mensdom wat maar ‘n kort tydjie deel van hierdie groot heelal is,gaan soos eeue reeds gebeur het,voortstoei om te oorleef..elkeen op sy eie mishopie.

Dit is egter die hier en nou en die realiteit,waarvan ons die beste moet maak.Mag die nuwe jaar vir elkeen van ons ‘n weerkaatsing wees van die goeie in ons verlede met die byvoeging van nog beter dinge in die toekoms.

325D

Die son sal steeds elke dag opkom en sy weerkaatsing iewers gooi..Dagbreek oor die Choberivier,Botswana.

 

 

21 antwoorde op Weerkaatsings..mymeringe oor wat verby is

  1. vega het gesê op Desember 31, 2013

    Stem saam, kyk vorentoe en agtertoe, maar lewe in die NOU.

  2. wat ‘n pragtige foto ! ! !

    (sommige hedoniste vind die lewe te eentonig en daarom soek hulle hul opwinding in enige vorm van lewensgevaarlike en risikodraende bedrywe )

    ‘n Rustige 2014 word vir jou en jou dierbares veronderstel.

  3. Meeste mense suip seker maar om van hul sorge te vergeet…nie dat dit gaan help nie. Mag julle nuwejaar net vol seeninge wees.

  4. Baie dankie vir jou en jou mense ook, perdebytjie! Julle gaan die nuwe jaar in met ‘n nuwe lid in die familie. Tyd weer vir ‘n foto!

  5. tina10 het gesê op Desember 31, 2013

    Ons eerste landgoed Oujaar.Nuwe Jaar Ons braai wors en eetworsbroodjies – dan vlieg ons twaalf uur op om die om die vuurwerke op foto’s vas te lê – want ons kyk uit oor die dorp

  6. tina10 het gesê op Desember 31, 2013

    Hoop jy het ‘n wonderlike jaar!

  7. Watter pragtige foto. Hoop ons kry sommer nog baie te sien in 2014!

  8. Besonderse prentjie wat jy daar vasgevang het.

  9. Dis beautiful!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.