‘n Voorsmakie

Desember 20, 2013 in Uncategorized

Soos ek reeds vertel het,was ons op ‘n missie om kokerbome af te neem.Hierdie blaar en stam-vetplante is deel van die Aalwynfamilie en word geklassifiseer as Aloe dichotoma.Hierdie besondere plante groei veral in rotsagtige areas veral aan die westelike platorand van Namibië.Die goudgeel blomme is een van die treffendste eienskappe van kokerbome.Hulle word blaar-en stamvetplante genoem,want hul water word in beide die blare en stamme geberg.

Die Boesmans het uitgeholde stamme van die plante gebruik,om hul pyle in te dra…vandaar die naam kokerboom.

_MG_0887

Vroegaand,toe die son reeds onder was,was daar drie strepe kleur in die lug.

_MG_0864

Net voor sononder,wys daar reeds goue lig,maar daar is steeds skaduwees.

_MG_0933

Net voor sonsopkoms,met die son direk agter die boom.

22 antwoorde op ‘n Voorsmakie

  1. So oorstelpend mooi!

  2. Liewe land, maar dis mooi!

  3. Dit is regtig pragtig!

  4. Dit is regtig pragtig!

  5. Pragtig, veral die laaste foto.

  6. maryna het gesê op Desember 20, 2013

    Die laaste een is sowaar ‘n pryswenner in my boek, maar al drie hoort op glansblaaie. Baie mooi @perdebytjie

  7. tina10 het gesê op Desember 20, 2013

    Eish… volpunte en baie sterre… welgedaan

  8. pragtige foto’s
    wat ‘n lekker ervaring moes dit nie wees nie.

  9. Twaksak het gesê op Desember 21, 2013

    Al wat ek ooit hier sê is: “Dis so mooi.” Sê dit maar weer… 😉

  10. vega het gesê op Desember 25, 2013

    Ek LOOOVVVEEEE kokerbome. Jou foto’s is pragtig. Ek het nou die dag gelees die wetenskaplikes ondersoek die verskynsel dat die kokerbome besig is om see se kant toe (wes) te migreer. Dit was vir my geweldig interessant. want ek het nooit gedink plante migreer nie.

    • @avega Dit neem seker baie lank om so te migreer. ‘n Moontlike verklaring is dalk die baie goeie reenjare,wat die verspreiding van diere en insekte dieper in die woestynareas na die weste,veroorsaak het en natuurlik daarmee saam die sade en bestuiwing deur insekte.Tans is dit weer bitter droog en ons het nie eers ‘n graspolletjie gesien nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.