R…

Desember 16, 2013 in Uncategorized

gaan môRe saam met my,wanneeR ek met my RoesbRuin tent by die Rotsagtige Rooi Bloedkopje in die Naukloof gaan kamp.Ek vat my bReëRandhoed,een stelletjie kleRe,wateRkan,slaapRol,flits en pRoviand viR een aandete en een ontbyt.Die belangRikste is natuuRlik my kameRa en dRiepoot wat eeRste ingepak woRd.My opdRag is om bloedRooi aandtonele en Rosige sonsopkomste te fotogRafeeR!

Ek kan nie wag viR die Rustigheid en stilte en wegkom van die spul mal vakansiegangeRs nie.Ek sien uit na die kRas geblaf van die woestyngeitjie,die goue lig op die kokeRbome tussen vuuRRooi Rotse,die Ritsel van dRoë sade en gRas in die waRm asem van die woestynwind.DaaR is ook nog die moontlikheid van die Rasperstem van die luipeRd,wat soos ‘n skim in die kRanse Rondsluip.Ek sien al die tRoppie HaRtmann ZebRas,wat altyd vlugvoetig oor die Rooi duine veRdwyn,wanneeR mens nadeRkom.Niks kom by die gesang van leweRikke in vRoegoggend-bedoude gRas nie..of om skielik af te kom op die bewe-teRugtRek-stappie van ‘n tRapsuutjies,met sy dRiehondeRd-en-sestig-gRade-Rol-ogies.

Die meeR GrilleRiges,soos die skeRpioen met sy gRuwel-antenna en die hoRingaddeR wat skelm met die omgewing saamsmelt,laat ‘n Rilling van opwinding en vRees by my.

Sien viR julle ooR dRie dae!

16 antwoorde op R…

  1. Eish 38 issie lekker nie – vat ‘n moerse klomp water saam!

  2. Jy moet ‘n Rustige vakansie hê! LekkeR kReatief gedink! 😉

  3. Ag nee vRek. spring jy my toe nou wRagtag vooR!

  4. tina10 het gesê op Desember 16, 2013

    Jy gaan dit Regtig geniet!… Onthou die kamaRa batteRy laaieR

  5. die rooi ribbok ram spring dwarsdeur die doringdraad …………..
    as hy sien wie slaan kamptent op . 😛 Geniet dit.
    Daardie hitte sal my onder kry

  6. bRRRRRRRRRRRRRRR ek hoop jy kom in een stuk terug!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.