Party mense het darem…

Desember 15, 2013 in Uncategorized

deursettingsvermoë! Die jaarlikse Desert Dash Fietswedren het hierdie naweek plaasgevind.Die deelnemers het Vrydagmiddag drie-uur in Windhoek die pedale begin trap,dwarsdeur die nag gery,deur die woestyn en Saterdag by die eindpunt in Swakopmund aangekom.Die afsnypunt was Saterdagmiddag drie-uur.Sesuur die oggend het die eerstes al aangekom en vyf voor drie,het ‘n vyf-en-sewentigjarige omie ook oor die eindstreep gery…vier-en-twintig uur in die saal! Dit wil gedoen wees.

Ek was bitter jammer vir die klompie wat na drie hier aangekom het,maar dit bly nog steeds ‘n prestasie om so-iets te voltooi!

_MG_0794

Vrydagmiddag het hulle begin om alles reg te maak.

_MG_0808

Saterdagoggend het dit so gelyk!

_MG_0815

Van die dapperes kom by die eindstreep aan.Intussen het die mis van die see se kant af begin inrol,’n welkome lafenis na die bloedige hitte van die woestyn!

_MG_0823

Patriotiese manne se fietse bo-op hul voertuig.Hulle het met die vlag tussen hulle by die eindstreep aangekom.

_MG_0824

Vanoggend,skaars twaalf ure later…geen teken van gister se feestelike bedrywighede nie!Mense kan darem woel as hulle moet.

17 antwoorde op Party mense het darem…

  1. tina10 het gesê op Desember 15, 2013

    Liewe ouers… Dis vir my ‘n uitdaging om om die blok te loop

  2. Outch ! 260 km … twee maal die Cape Argus Fietstoer se afstand , plus nog 40 km , en al is daar dalk minder bulte, is dit baie kwaai. En hittig die tyd van die jaar in daai warm wereld , al trap hulle ‘n groot deel in die nag . … respekte 🙂

  3. Hoeveel malles het julle daaikant…lyk my baie.

  4. Twaksak het gesê op Desember 15, 2013

    Fantasties.

  5. Moordend – ek kan nie dink dat dit baie goed is vir die menslike liggaam nie. Ek het ook ertjie oor die mense wat so aan comrades deelneem.

  6. Jis dis rof – dis bleddie ver!

  7. maryna het gesê op Desember 15, 2013

    Mooi fotos @perdebytjie, wel gedaan. So ‘n nagrit deur die woestyn klink vir my heel avontuurlik.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.