Die Schnauchies se vakansiemanewales
Desember 13, 2013 in Uncategorized
Ons twee woefies is vreeslik energiek.Ook maar goedso,want dan kry ons ook bietjie oefening!Ons stap elke dag langs die see,maar dan gedra die twee hulle soos varke…beblaf alles en almal,vreet vrot goed wat uitgespoel lê,lig orals been,poef waar hulle nie moet nie en so aan…Ek skaam my regtig vir die twee.
Die beste plek om hulle heen te neem,is die duine in.Daar kan hulle niemand verpes nie en dit forseer ons om blaas-blaas agterna te hardloop.Ek het hulle eergister in aksie afgeneem.
Laetitia het gesê op Desember 13, 2013
Ag dit was nou rerig lekker om van julle manewales in die duine te lees. Ek kan sommer die “energie” voel!
Godiva het gesê op Desember 13, 2013
Uitgelate verby! Mooi fotos ook.
Hou die twee maar eerder weg van ontwerper handsakke..hehehe 😉
perdebytjie het gesê op Desember 13, 2013
@ladygodiva Hulle sal kort en mette maak van ‘n Tamma Paxino handsak!
Godiva het gesê op Desember 13, 2013
Bwahahaha. Stoutsterte 🙂
frik van eeden het gesê op Desember 13, 2013
@perdebytjie
Wat oulike honde. As ek hulle in die hande kry, slaap hulle snags by my op die bed en word bederf met koedoebiltong!!!
perdebytjie het gesê op Desember 13, 2013
@frixos Hulle is die skattigste goedjies en slaap soms knus sommer bo-op ons.Snags is dit egter mandjies toe,in die waskamer!
Godiva het gesê op Desember 13, 2013
Wens ek kon ons kreatuur waskamer toe verban. Soms word ek wakker soggens met wat voel soos n wolmus op my kop..
perdebytjie het gesê op Desember 13, 2013
@ladygodiva Solank dit nie ‘n wit,wollerige uitgepluisde wolmus uit ‘n ontwerpershandsak is nie! 😆
Godiva het gesê op Desember 13, 2013
Jy is n groter [email protected] as wat ek is lyk dit my! 😉
monicahaddad het gesê op Desember 13, 2013
Ag LEKKER !!!!!
perdebytjie het gesê op Desember 13, 2013
@monicahaddad Wens jou spannetjie was ook hier om myne besig te hou!
Bruggie het gesê op Desember 13, 2013
karnuffel, sê jy. Pragtige woord.
perdebytjie het gesê op Desember 13, 2013
@benvanbruggen Dankie Bruggie. 🙂
Twaksak het gesê op Desember 13, 2013
Ek’s mal oor Schnauzers.
perdebytjie het gesê op Desember 14, 2013
@twaksak Dis vreeslike intelligente hondjies.
exionperfexi het gesê op Desember 13, 2013
ek “like” ook sulke baldadige brakke ! die foto’s laat hulle hier op die blogs mooi tot hul reg kom 🙂
perdebytjie het gesê op Desember 14, 2013
@exionperfexi Dankie!
blikskottel het gesê op Desember 13, 2013
So dis hulle stront wat ek amper op getrap het in die duine? he he
perdebytjie het gesê op Desember 14, 2013
@blikskottel Jy laat my lekker lag!
Tannie Frannie het gesê op Desember 13, 2013
Pragtige foto’s! Errmm – ek dink hulle gedra hulle maar gewoon soos honde, nie varke nie…
perdebytjie het gesê op Desember 14, 2013
@frandr Jys reg,maar ek skaam my tog soms gruwelik vir die twee!
tina10 het gesê op Desember 13, 2013
Ag kyk net hoe mooi Ek moet die skakel na jou blog vir my sus gee Sy is net so dol oor hulle!
Wens ek kon een van jou foto’s steel Die aksie is deel van my opdrag
perdebytjie het gesê op Desember 14, 2013
@tina10 Aksie is nogal uitdagend,want jy moet op die regte plek wees en daardie fokus….oe,lekker moeilik!
rosiemetdorings het gesê op Desember 13, 2013
hulle geniet hulleself behoorlik.
Hierdie ene wat homself aan my vasgeplak het laat ek deesdae nie meer sonder leiband loop nie – dis nou nadat ek hom die een dag behoorlik moes inhardloop. Gelukkig is sy beentjies kort en het hy gou moeg begin word
perdebytjie het gesê op Desember 14, 2013
@rosiemetdorings Ons laat hulle soms sonder leibande loop,maar dan hol hulle ook die hele wereld vol.Ek sien jou al agter joune aanjaag,met flappende truipante en klappende skoene. 😆
Twaksak het gesê op Desember 14, 2013
Dankie vir jou kommentaar op my nou gewysigde inskrywing – ek het hom verander omdat ek besluit het: Let bygones be bygones.
perdebytjie het gesê op Desember 14, 2013
@twaksak Dis reg so!
maryna het gesê op Desember 14, 2013
Ek is mal oor hierdie Schnauchies-in-die-duine fotos van jou. Kyk hoe gooi Frankie donuts!
perdebytjie het gesê op Desember 14, 2013
@marynam Baie dankie,ek was self pootuit na die sessie!
vega het gesê op Desember 14, 2013
Jinne dis pragtige foto’s.