Die Schnauchies se vakansiemanewales

Desember 13, 2013 in Uncategorized

Ons twee woefies is vreeslik energiek.Ook maar goedso,want dan kry ons ook bietjie oefening!Ons stap elke dag langs die see,maar dan gedra die twee hulle soos varke…beblaf alles en almal,vreet vrot goed wat uitgespoel lê,lig orals been,poef waar hulle nie moet nie en so aan…Ek skaam my regtig vir die twee.

Die beste plek om hulle heen te neem,is die duine in.Daar kan hulle niemand verpes nie en dit forseer ons om blaas-blaas agterna te hardloop.Ek het hulle eergister in aksie afgeneem.

_MG_0692

Frankie spring weg met ‘n vaart!

_MG_0704

Tienkie kyk net,want sy is bietjie skrikkerig.

_MG_0738

Frankie het seker tien keer op en af gehardloop.Vandat sy hartklep herstel is,is daar geen keer aan sy energievlakke nie!

_MG_0761

Natuurlik moet hy vir sussie karnuffel!

30 antwoorde op Die Schnauchies se vakansiemanewales

  1. Ag dit was nou rerig lekker om van julle manewales in die duine te lees. Ek kan sommer die “energie” voel!

  2. Godiva het gesê op Desember 13, 2013

    Uitgelate verby! Mooi fotos ook.
    Hou die twee maar eerder weg van ontwerper handsakke..hehehe 😉

  3. @perdebytjie
    Wat oulike honde. As ek hulle in die hande kry, slaap hulle snags by my op die bed en word bederf met koedoebiltong!!!

  4. Ag LEKKER !!!!!

  5. Bruggie het gesê op Desember 13, 2013

    karnuffel, sê jy. Pragtige woord.

  6. Twaksak het gesê op Desember 13, 2013

    Ek’s mal oor Schnauzers.

  7. ek “like” ook sulke baldadige brakke ! die foto’s laat hulle hier op die blogs mooi tot hul reg kom 🙂

  8. So dis hulle stront wat ek amper op getrap het in die duine? he he

  9. Pragtige foto’s! Errmm – ek dink hulle gedra hulle maar gewoon soos honde, nie varke nie…

  10. tina10 het gesê op Desember 13, 2013

    Ag kyk net hoe mooi Ek moet die skakel na jou blog vir my sus gee Sy is net so dol oor hulle!
    Wens ek kon een van jou foto’s steel Die aksie is deel van my opdrag

  11. hulle geniet hulleself behoorlik.
    Hierdie ene wat homself aan my vasgeplak het laat ek deesdae nie meer sonder leiband loop nie – dis nou nadat ek hom die een dag behoorlik moes inhardloop. Gelukkig is sy beentjies kort en het hy gou moeg begin word

  12. Twaksak het gesê op Desember 14, 2013

    Dankie vir jou kommentaar op my nou gewysigde inskrywing – ek het hom verander omdat ek besluit het: Let bygones be bygones.

  13. maryna het gesê op Desember 14, 2013

    Ek is mal oor hierdie Schnauchies-in-die-duine fotos van jou. Kyk hoe gooi Frankie donuts!

  14. vega het gesê op Desember 14, 2013

    Jinne dis pragtige foto’s.

Los ’n antwoord vir Bruggie. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.