Ouma se reukwaterbotteltjie..vir Godiva
November 18, 2013 in Uncategorized
Hierdie botteltjie kom al ‘n lang pad….
My Nederlandse ouma het dit as jong vrou present gekry by my oupa.Ek het nooit die voorreg gehad om hierdie twee mense te leer ken nie.Hulle was maar altyd vir my Oupa en Ouma Holland…twee vae figure waarvan ons net vergeelde foto’s gehad het.
My pa was een van vyf kinders en Oupa was ‘n skeepsingenieur en selde tuis.Werkskaarste het my pa laat besluit om groener weivelde in Suid-Afrika te kom soek.Na ‘n skeepsvaart van twee weke,het hy in 1936 in Kaapstad voet aan wal gesit.Dit moes vreeslik gewees het vir sy ouers,want die wêreld was nie daardie tyd so klein soos vandag nie.Hy het nooit weer sy pa gesien nie en slegs eenkeer na vyf-en-twintig jaar vir sy ma gaan kuier..sy is kort daarna oorlede.
Tydens die Tweede Wêreldoorlog het hulle ontsettend swaar gekry en my pa se oudste suster met haar man en dogter(my niggie) het net na die oorlog ook Suid-Afrika toe gekom.Dit was die jaar 1950.As afskeidsgeskenk het Ouma die leë botteltjie vir my niggie gegee.Ons is altwee Ouma se naamgenote.My niggie is 25 jaar ouer as ek en begin ook nou links en regs haar goed weggee.Dis hoe dit toe nou kom dat sy vir my die botteltjie gegee het.
Al is dit miskien nie veel werd nie,is dit my enigste band met ‘n ouma wat ek bitter graag sou wou ken.Dit voel of daar ‘n stuk van my is wat ek nooit sal verstaan nie…hulle sê mos bloed is dikker as water!
Henry @kompethenry het gesê op November 18, 2013
Ag dis ‘n nice ding – het nog nooit so een in ‘n kis gesien nie!
perdebytjie het gesê op November 18, 2013
@kompethenry Dis ‘n lelike ou kissie,en as hy toe is,lyk dit bietjie soos ‘n miniatuur doodskissie.
Henry @kompethenry het gesê op November 19, 2013
‘n sarkofaag om hoop in te laat herleef…
🙂
Godiva het gesê op November 18, 2013
**********
Hierdie is vir my jou beste pos ooit, ek is seker biased omdat ek so lief is vir onvervangbare ♡’s skatte soos die.
Jy beskryf dit so raak met jou laaste sin oor ouderdom en weemoed.
Al het jy haar nooit geken nie is daar nou n band tussen julle wat oor die dekades heen strek. Jy het iets fisies tasbaar wat duidelik baie geliefd was deur haar in jou besit. Baie dankie vir die lekkerlees blog.
Godiva het gesê op November 18, 2013
P.s hopelik spoor dit die ander bloggers ook aan om hulle skatte met ons te deel.
perdebytjie het gesê op November 18, 2013
@ladygodiva Baie dankie vir jou mooi woorde!Ek hoop ook die ander skryf oor hul ou goed.Ons het nou amper sommer ‘n ekstra tema saam met hierdie week se tema!
Godiva het gesê op November 18, 2013
Plesier Perdebytjie, het die inskrywing sommer baie geniet.
Ja ek hoop ook so, alhoewel vintage en antieke items nou nie in almal se smaak val dalk nie.
Ek moet seker ook bydraes by die ander temas doen, so gewoond al die jare om net nou en dan lukrake blog challenges te rig 🙂
tina10 het gesê op November 18, 2013
Oooooo dis so spesiaal
perdebytjie het gesê op November 18, 2013
@tina10 Dankie vir inloer.Ons het jou gemis!
Net Ek @ cbl1979 het gesê op November 18, 2013
O dis so mooi en so spesiaal!
perdebytjie het gesê op November 18, 2013
@cbl1979 Dis absoluut al wat ek van my ouma het,behalwe ‘n motgevrete teddiebeer wat sy gestuur het toe ek gebore is.Haai,miskien moet ek ‘n foto van hom ook plaas!
Carol R @ Losbek het gesê op November 18, 2013
Sjoe, jy moet dit bewaar vir die nageslag saam met die geskiedenis daarvan
perdebytjie het gesê op November 18, 2013
@losbek Ek sal dit vir my dogter gee,wat ook ouma se naam het!
lora2me het gesê op November 18, 2013
Dis ‘n mooi, storie. Jy moet ‘n foto-afskriffie van jou ouma oprol en binne-in jou botteltjie hou as herinnering. Dis die eerste keer dat ek so ‘n klein tassie/boksie vir ‘n parfuumbotteltjie sien. Besonders.
perdebytjie het gesê op November 18, 2013
@lora2me Dis nou ‘n uitstekende idee!Ek gaan dit sommer hierdie naweek doen en dan die geskiedenis daarby neerskryf.
Elly het gesê op November 18, 2013
Dit is so spesiaal. En mooi.
perdebytjie het gesê op November 19, 2013
@elly 🙂
danie coetzee het gesê op November 18, 2013
Mooi storie. Dankie
perdebytjie het gesê op November 19, 2013
@daniec Dankie vir die lees!
monicahaddad het gesê op November 19, 2013
Dis sulke goed wat ons maak wat ons is…….Pragtige skrywe!
perdebytjie het gesê op November 20, 2013
@monicahaddad So het elkeen unieke klein kosbaarhede wat ‘n storie vertel.Dankie vir die lees.
Tannie Frannie het gesê op November 19, 2013
Hoe bly sou jou ouma gewees het om te weet dat die botteltjie waardeer en gekoester word!
perdebytjie het gesê op November 20, 2013
@frandr Ek is so bly om jou hier te sien.Jy is deesdae bietjie skaars!
Ek dink my ouma se hart was bitter seer dat sy nooit drie van haar kleinkinders ontmoet het nie.
Tannie Frannie het gesê op November 22, 2013
@perdebytjie Dis lekker om te hoor iemand is bly om my raak te lees! Dit gaan dol…
Perdebytjie het gesê op November 23, 2013
@frandr Wanneer jy rustiger raak moet jy asb kom vertel wat jou so besig gehou het.Ek mis jou oulike skryfgoed.