Help,Help,Help!
Oktober 5, 2013 in Uncategorized
Ai tog julle,ek sukkel vreeslik om reg te kom.My fotospasie is alweer vol en Tina het voorgestel ek vee van my foto’s uit.Hoe doen ek dit?Ek het nie ‘n idee nie.
Verder het Henry voorgestel ek gebruik Photobucket.Ek het nou ‘n klomp goed daar gelaai,maar het nie die vaagste benul hoe ek dit op my blog kan kry nie!Dis regtig blote tegnologiese gestremdheid en ek wil al skreeu van frustrasie!
rosiemetdorings het gesê op Oktober 5, 2013
Stuur asb die inligting aan as jy dit gekry het. Ek weet nie hoeveel beskikbare spasie ek nog het nie, maar sal ook nie weet wat om te doen as ek my beskikbare ruimte totaal benut het nie.
Ek kon nie eers lekker uitmaak hoe werk Photobucket nie
perdebytjie het gesê op Oktober 5, 2013
@rosiemetdorings Ek het gedink ek is onnosel omdat ek nie photobucket regkry nie.So bly om te hoor jy sukkel ook daarmee!
maryna het gesê op Oktober 5, 2013
Gaan na die paneelbord, kliek op Media en selekteer al die fotos wat jy wil delete. Delete permanently.
Dit is nie vir my ‘n regverdige opsie nie, want soveel gaan verlore….@perdebytjie
Ek hoop regtig ‘n bright spark het ‘n ander uitweg vir ons want ek het ook al 30% spasie gebruik.
perdebytjie het gesê op Oktober 5, 2013
@marynam Ek het nou van my goed uitgevee en wil huil daaroor,want daardie blogs beteken nou absoluut niks nie!
vega het gesê op Oktober 5, 2013
@perdebytjie, @daniec en @tina10 en @marynam julle hoef nie foto’s uit te vee as jy photobucket gebruik nie. Jy laai eers jou foto’s op Photobucket, nadat jy jouself geregistreer het. Dan as jy besig is met nuwe blogpos klik op add media by jou blogpos, dan kies jy “Insert from URL” aan linkerkant en dan kies jy by photobucket die foto, daar is ‘n venstertjie wat sê DIRECT aan die regterkant, klik op die link om te copy, gaan terug na blogposmedia bladsy en paste dit op jou venstertjie wat oop is wat sê “http” en klik op “insert into post” voila! Of dit die beste of regte manier is, weet ek nie ek het dit deur trial en error reggekry. Maak net jou foto’s kleiner voor jy op PB sit anders kom hul vreeslik groot uit. Hoop jul kom reg
danie coetzee het gesê op Oktober 5, 2013
Ek dink dat daardie frustrasie, ook binnekort, my voorland sal wees. Hoop dat ons dan ´n goeie verduideliking sal he.
perdebytjie het gesê op Oktober 5, 2013
@daniec Ja,dis nie lekker om foto’s uit te vee nie.Ek het dit nou gedoen en kan netsowel daardie blogs ook skrap!
tina10 het gesê op Oktober 5, 2013
Ek verstaan dat sommige bloggers soos @daniec @perdebytjie @rosiemetdorings wat blogs van waarde skryf met foto’s wat by die artikel pas dit nie regtig wil uitvee nie. Ek is in ‘n ander posisie want die meeste is spoeg en plak goed wat mens nooit weer gaan gebruik nie en daarom vee ek dit met ‘n geruste hart uit. As iemand die photobucket ding weer stadig kan verduidelik sal ek dit ook oorweeg. Daar is net plek vir 460 foto’s en dan is dit vol. Miskien moet bloggers net ‘n paar van hulle foto’s delete by die belangrike blogs? Ek weet nie of julle moet anders maar telkens ‘n nuwe blog begin?
Delete werk soos volg:
Paneelbord – as jy onder die plek kyk waar daar staan hoeveel blogs jy het en hoeveel kommentare staan daar hoeveel % jou blog vol is.
Media
Library Dan is daar ‘n ry met ‘n klomp opskrifte
Gaan na laaste bladsy heel regs Click >> Myne p23
Bulk Action
Delete Permanently
Click blokkie
Pas toe
Ek delete sommer so paar bladsy op ‘n keer want ek het regtig nie lus om oor te begin nie en al my belangrike persoonlike foto’s is in groot formaat en kleiner op my rekenaar gestoor Ek verloor dus nie my foto’s nie
.
perdebytjie het gesê op Oktober 5, 2013
@tina10 Dankie,ek het dit nou reggekry,maar my hart is lekker seer oor die blogs wat nou leeg is.Gelukkig het ek darem al die foto’s op my rekenaar,so dis net die blogs wat in hulle kanon in is!
danie coetzee het gesê op Oktober 5, 2013
@perdebytjie Dit lyk darem nie of die foto´s van die blog af verdwyn nie. Dit is net as mens daardie foto´s vorentoe dalk weer wil gebruik, dat jy dit weer sal moet oplaai.
perdebytjie het gesê op Oktober 5, 2013
@daniec Ek sien dan net gate waarek die foto’s uitgevee het!
danie coetzee het gesê op Oktober 5, 2013
@perdebytjie O, gaats, daar sien ek dit ook nou. Fiasko van die eerste water.
perdebytjie het gesê op Oktober 6, 2013
@daniec Jy kan dit weer sê!
danie coetzee het gesê op Oktober 5, 2013
@perdebytjie @tina10 Soos ons nou al gewoond is, is daar seker geen hulp van die administrasie hier nie.
Carol R @ Losbek het gesê op Oktober 5, 2013
Ek is dom – onnosel met die tipe van ding!
perdebytjie het gesê op Oktober 6, 2013
@losbek Ek is bly ek is nie alleen nie!
Henry @kompethenry het gesê op Oktober 6, 2013
Die photobucket ding is ook nie heel die antwoord nie – ek gebruik dit maar daar is nadele – soos mens kan sien op my onlangse omgewing blog ding – die probleem is dat mens nie maklik ‘n redelike grootte voorskou ding kan kry nie – die url wys direk na die volgrootte foto, met die gevolg dat jy sulke moerse goed kry waarvan jy net klein stukkie op die blog kan sien.
As jy die foto opgelaai het, en jy kyk na hom – deur op jou photobucket album te kliek en die foto te selekteer – dan is daar so regs onderlangs ‘n reeks html goete wat mens op kan kliek – die kliek doen daar die ekwivalent van ‘n “copy”, en as jy dan op jou nuwe inskrywing regs kliek kan jy “paste” – al probleem is die grootte – as die fotos redelike resolusie het, dan kry jy die groot goed.
En daar is ook ‘n limiet, tensy mens wil betaal – jy kry “net” 2Gb verniet – maar hei – dis ‘n moerse klomp fotos!
tina10 het gesê op Oktober 8, 2013
@kompethenry Op die lang duur is 2gb ook regtig nie genoeg nie.
perdebytjie het gesê op Oktober 8, 2013
@kompethenry Lyk my nie daar is ‘n maklike oplossing nie!