Ek kners al heelweek op my tande….

Julie 10, 2013 in Uncategorized

want ons lekker stil woonbuurt is van Maandag af in ‘n quadbike- cum veldmotorfietsrenbaan omskep.Jip, die twee tiener snotape oorkant ons,jaag heeldag in hulle voortuin (wat oor is na hulle klaar is) met ‘n quadbike en motorfiets al in die rondte,al in die rondte,al in die rondte…ugh,my kop het ook nou vasgeslaan by “al in die rondte”.Die gaswalms maak my ook effe dronk en hier waar ek in my sitkamer sit,is ek besig om op ‘n goedkoop “trip” te gaan.

Tot dusver was ek redelik verdraagsaam en het maar daagliks winkels toe en ander plekke heen gevlug,want die arme bloedjies moet ook hul vakansie geniet.Toe ek egter vanmiddag van die haarkapper af kom, is daar ‘n reuse vuur in die middel van die grasperk en klapperknalle skiet woes uit die rook uit.Ek wou strip,maar byt en kou weer saggies my polse…sien darem later die knape het die vuur geblus.

So ‘n halfuur gelede konk my geduld totaal in en ek storm buitentoe.Snotaap ry in sirkels om en om en om…hier gaat ek alweer..my verstand is definitief aangetas!Ek steek my arms deur ons ysterhektralies,waai my uitsteeksels soos ‘n Hollandse windmeul se wieke rond,gil en skreeu soos ‘n maer vark,laat al die hadidas verskrik krysend en blertsend opstyg en beduie vir daardie knaap waar Dawid die wortels begrawe het! Die mannetjie maak eers of hy my nie sien nie,maar my vlymskerp gille skeur bo die motorfiets se geraas uit.Sonder ‘n woord of teenstand,sit hy die fiets af en verdwyn in sy huis in.Sjoe,al my geraas en so min weerstand..die wind is skoon uit my windmeul uit!

Uit pure irritasie vreet ek toe sommer ‘n hele pak Romany Creams op!

10 antwoorde op Ek kners al heelweek op my tande….

  1. Mens het die koekies nodig om die verlore energie te vervang.

    Regtig!

    🙂

  2. Twaksak het gesê op Julie 10, 2013

    Ag, dit is erg. Nou wens jy seker jy’t al aan die begin van die week gewys jou moermeter neuk in die rooi in!

  3. pbroere het gesê op Julie 10, 2013

    Ons bly op ‘n plot met ‘n grondpad wat voor die huis verbyloop. So vir die kaksels is dit groot pret om verby te jag tot by die teerpad en dan weer om te draai en terug. Ek het eendag een met so halwe baksteen geklits toe is die pret ook verby vir hom.

  4. tina10 het gesê op Julie 10, 2013

    Ai toggie … ek wonder hoekom hulle nie op bane gaan ry wat daarvoor gemaak

  5. vega het gesê op Julie 10, 2013

    Ek ook. Kners op my tande.

  6. Jis dit sal my moer ook nogal lekker koer!

    Lekker glimlag ek vir jou koekies! 🙂

  7. ons het oop veld oorkan ons huis gehad waar ons tot so 4-5 jaar gelede gebly het. die bleddie kinders het my net so geirriteer net die veldfietse en quads!!!

  8. Lekker lag ek nou vir die hadidas en die windmeul!

  9. ek-myself het gesê op Julie 11, 2013

    Ooh jys beter as ek…. ek sou lankal daai ouers beetgekry het! Hoop jy het darem die koekies geniet!

  10. Ek sou ook geirriteerd raak! Jy bid seker al die skole moet begin!

Los ’n antwoord vir ek-myself. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.