Verdere verwikkelinge in die BLIXEM-sage
Mei 24, 2013 in Uncategorized
Nouja,manlief kom toe tuis met sy twee-dae-oud mens-pakkie en vinger-geborselde tande en vertel vir my hulle het speurder gespeel.Die plek waar die ongewenste inkopie gedoen is,was by ‘n splinternuwe Engen 1Stop oppad van Rustenburg af.Dis blykbaar naby Pretoria.
Op die garage se sekuriteitsfilm kan duidelik gesien word hoe manlief en kollega langs ‘n wit voertuig met vier insittendes parkeer.Hulle klim uit en dis duidelik dat kollega die motor sluit met sy afstandbeheerder.Hy en manlief stap kleedkamers toe met een van die insittendes van die wit motor,reg agter hulle,besig om op sy selfoon te gesels.Die wit motor ry en parkeer in ‘n wegkomposisie.Een vent klim uit,stap houtgerus na kollega se motor,haal die tas uit ,stap terug en siedaar die manne ry rustig weg met een van die dag se groot visse wat hulle gevang het!
Een se gesig is taamlik duidelik en hulle probeer die motor se registrasienommer sien.Nouja,ons hou nie asem op dat hierdie vuilgoed vasgetrek sal word nie.Intussen het skoonseun,wat ‘n rekenaarfundi is,al manlief se inligting geblok.Vir veiligheid moes ook alle pinnommers en kodewoorde by die bank verander word.Manlief is al heel oggend besig daarmee
Dis die nadeel van virtueel wees..alles is daarbuite vir almal om te sien!Dit maak mens eintlik bang!
Perdeby is nou ekstra die BLIXEM in!
Onlangse kommentare