Die tyd word min
April 5, 2013 in Uncategorized
Nog net ‘n week,dan breek die groot dag aan.My jongste gaan trou en alles wat gedoen moes word,is gedoen.Nou is dit net naels byt en hoop vir die beste.
Onwillekeurig dink ek terug aan my eie troudag.Dit was nog in die dae waar jou ouers alles gereël en betaal het en jy rustig of onrustig alles aanvaar het.Daar was nie allerhande simpel goed soos: “wedding planners,venues,repititions,bridesmaids, bestmen,trial menu’s ens.nie! Ek skryf dit aspris in Engels,want dit is die terminologie wat met hierdie moderne feestelikhede saamgaan.
Ek kan net my kop skud oor al die gekkigheid wat uitgedink word.Daar is selfs “Wedding Expo’s” met allerhande dinge wat daar uitgestal word.Daar is juis die naweek een in die Dome in Roodepoort.Ek gaan uit beginsel nie na sulke goed nie,want allerhande behoeftes word by die maklik verleibare en misleibare publiek geskep.Dis hoe dit werk..jy dink naderhand iets moet so en so geskied,anders dink mense jy bly agter ‘n klip!
Dis naels,hare en grimering en spesiale pakette vir moeder en bruid….R30000…alles ingesluit! .Dankie,maar nee dankie,ek doen my eie hare op my gewone manier en niemand plak dik lae grimering op my gesig nie.Ek doen niks aan myself wat ek nie gewoonlik sou doen nie en ek gebruik liewer daardie verskriklike klomp geld vir iets noodsaakliks! Dan is daar nog “trial menu’s”waar jy teen duisend rand ‘n kop,die kos kan proe!Dis net absoluut verspot hoe gek alles raak en die geld wat gemaak word beloop duisende rande.Dis ongelooflik dat daar steeds mense is,wat daarvoor val.
Hoe dit ookal sy,ons het alles so eenvoudig as moontlik probeer hou,maar dis ook by ‘n “venue”.(aaklige woord,waarvoor ek my vreeslik vererg).Ons hoop nou maar daar is nie wurms in die kos nie en dat die weer hou en dat my haartjies nie te plat op my kop vasplak,wanneer ek ‘n warm gloed kry nie! Gelukkig is dit die bruid se dag en ek sal maar net terugsink in herinnering aan my eie troudag…raai maar self hoeveel jaar gelede!
tina10 het gesê op April 6, 2013
hehehehe… hoe lekker lag ek vir jou…
Ek is seker dit sal die allermooiste dag wees.
formerly twaksak het gesê op April 6, 2013
Ek is seker jy’s self die beste wedding planner ooit en dat jou appeltjie nie ver van die boom geval het nie, en haarself ook laat geld het. Sterkte.
Dina van Wyk het gesê op April 6, 2013
@tina10
Dankie Tina.Ek hoop nie ek huil nie,want dan is dit nie net my hare wat plat gaan wees nie,maar ook my bietjie grimering wat in swart strepe gaan wegspoel!
Dina van Wyk het gesê op April 6, 2013
@twaksak
Ek het nie veel gedoen nie.Die kinders het omtrent self alles gereël.Lyk my dis hoe dit deesdae gedoen word.Jy’s reg oor die appeltjie.Sy het ook alles probeer eenvoudig hou.
rosiemetdorings het gesê op April 6, 2013
ek is bly om te sien dat ek nie die enigste ene is wat baie sterk teen hierdie verkwisting van geld is!
My vriendin het sommer gou my hare kom “blow dry” so uur voor ons troue.
Verder het my ma ingestaan en self gebak en gebrou en bestel – selfs nog meer gereël as ek sou wou, maar sy’t dit geniet
geniet jou kind se spesiale dag.
Tannie Frannie het gesê op April 6, 2013
As ek dit nie mis het nie, trou Vega se kind vandag. Ek hoop van harte dat julle ons alles gaan vertel! Geniet dit, ‘n troue is kosbaar.
vega het gesê op April 7, 2013
@frandr dit was ‘n baie besonderse naweek. My kind was nog nooit so gelukkig nie.
danie coetzee het gesê op April 6, 2013
Ja, ons soek daardie foto`s. Sterkte, my kinders het ook, moes maar, alles self reël en ek dink dat hulle dit baie goed gedoen het. Julle gaan dit geniet en na alles verby is, julle skoene uitskop en moeg sê, dít was nou lekker.
vega het gesê op April 7, 2013
Geniet die laaste week saam met jou kind. Dis baie spesiaal.
ek-myself het gesê op April 8, 2013
kannie wag vir die foto’s nie!
ek-myself het gesê op April 9, 2013
@perdebytjie Ja, die “ma” moet deel in die vreugde en kannie heelaand met ‘n kamera sit nie…. lol!
Dina van Wyk het gesê op April 8, 2013
@rosiemetdorings
Dankie,ek gaan regtig die spesiale dag geniet,want dit maak mens bly om te sien jou kind het ‘n goeie keuse gemaak.
Dina van Wyk het gesê op April 8, 2013
@vega
Ek is bly alles het goed afgeloop!
Dina van Wyk het gesê op April 8, 2013
@frandr
Dankie Tannie Frannie.Ek sal beslis kom vertel!
Dina van Wyk het gesê op April 8, 2013
@daniec
Dankie vir die bemoediging.Ons gaan dit beslis geniet!
Dina van Wyk het gesê op April 8, 2013
@ek-myself
Dankie dat jy ingeloer het.Sal foto’s plaas,maar die keer los ek my kamera by die huis!