Truspieël

September 26, 2012 in Sonder kategorie

Die lewe is soos ‘n truspieël. Wanneer ‘n mens terugkyk, kry dit wat agter lê, weer helder betekenis en kan ‘n mens ‘n sinvolle verband met die hede vorm.

Al is gebeure wat agter jou lê soms soos ‘n voortstormende vragmotor, kan jy nogtans daarby verby ry en net die helder mooi oomblikke in jou gedagtes vaspen.

Die afgelope jaar was vir my so. Ek blog presies ‘n jaar en in hierdie tyd het baie bloggers vir my helderblou oomblikke gebring!Dankie daarvoor.Ek is nie besig om afskeid te neem nie,maar berei my tog voor vir die verandering wat ons in die gesig staar.

Miskien moet ons ook die geheimsinnige vragmotor van verandering verbygaan en mekaar in vernuwende omstandighede maklik met ons verlede op LitNet verbind! 

17 antwoorde op Truspieël

  1. TS het gesê op September 26, 2012

    Ek het nou die dag in die warm kar in Louis Trichardt so in die spieëltjies sit en foto’s neem – glad nie so mooi soos joune nie maar darem

  2. Was verveeld op die lang pad,toe oorval die idee my!Moes ‘n hele paar neem,regte tydsberekening net as ons amper verby is.Nogal ‘n lekker speletjie gewees.Ek het toe eers besef hoe baie vragmotors op die pad is.Plaas bietjie joune ook.Sal lekker wees om te sien!

  3. Mooi skrywe ! Dankie ! XXXX

  4. Pragtig!
    Die woorde en die foto.
    xx

  5. Dankie ek waardeer!

  6. Moes myself opbeur vir die skuif!

  7. sirpsa het gesê op September 27, 2012

    Ek hou van jou gesindheid.

  8. Nice fotie!

  9. Ook weer waar ! XXXX

  10. Ek hou van jou vergelyking ! Daar is baie waarheid in ! xx

  11. frandr het gesê op September 27, 2012

    Veels geluk met die blog-verjaarsdag!

  12. Dankie tannie,hoop ek sal nog ‘n jaar hier wees!

  13. Dankie vir inloer.

  14. Dankie!

  15. Probeer maar positief bly!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.