Effense ontnugtering

September 23, 2012 in Sonder kategorie

Vandag het ons met die Gautrein Sandton toe gery,heerlik daar geëet,weer die trein gehaal,hierdie keer Pretoria toe.Dit was vir my op ‘n manier ‘n baie emosionele trippie.Dit was glad nie so bedoel nie,maar dit het net gebeur.Vir manlief was dit ook erg,want hy het presies ‘n jaar gelede vir Skoonpa op dieselfde roete geneem.Min het hy geweet dis die laaste ding wat hulle saam sou doen.

Baie emosies het deur ons harte gemaal.Vir hom was dit die deurdring van die werklikheid van sy verlies en vir my was dit ‘n warboel van indrukke van verandering.Ek het groot geword in Lyttelton.Destyds was dit ‘n vierkantige dorpie met drie kerke,vier skole en twee stasies.

Al loop die Gautrein nie langs dieselfde roete as die gewone trein nie,was dit skokkend om te sien hoeveel alles verander het.Dis gebou op gebou en ek het moeite gehad om ou bekende bakens te vind.Selfs al het ek nog in die laaste paar jaar gereeld Pretoria toe gery,was alles net vir my sooo vreemd.

Ons was albei op Tukkies en ons kinders het nie lank terug daar studeer nie. Dus kon ons die verandering van die studentewêreld vanaf ons tyd, tot hulle tyd, raaksien en gewoond raak daaraan.Toe ons egter vandag in Hatfield afklim,kon ons netsowel ‘n maanlanding gedoen het.Die splinternuwe stasie spoeg jou uit in ‘n Hatfield met ‘n vreemde atmosfeer.Ek kan nie sê dit is vuiler as gewoonlik nie, maar die nuwe geboue oral en die feit dat die koffiewinkel waar ons altyd saam met die studentekinders gekuier het, het ‘n metamorfose ondergaan en is nou ‘n tipiese gemorskoswinkel.Manne leun oor die reling waar die sypaadjiestoele staan en beskou die sokker op die tv binne in die kafee.Taxis toeter onophoudelik buite en ek en manlief het so vreemd gevoel.Alles was net anders.Dit was asof ons voete onder ons uitgepluk is.

Dis seker hoe ‘n voël voel,wat altyd in dieselfde boom gaan sit en op ‘n dag is die boom afgekap.Ons drink toe maar ietsie en haal die trein terug huis toe.Die atmosfeer in die trein was heerlik Daar was massas mense van alle kleure en gemoedelikheid was die wagwoord.

Dis so hartseer,dat politiek altyd ‘n wig tussen ons indruk.Op hierdie trein was almal net ..MENSE!

21 antwoorde op Effense ontnugtering

  1. STC het gesê op September 23, 2012

    Dinge verander..en ons staan hande afgekap en verlang… jy is reg …op die ou end is ons almal net mense wat elke dag die son sien opkom.

  2. TS het gesê op September 23, 2012

    Ai dis jammer dat dit vir julle sleg was… mens kan ongelukkig sulke goed nie keer nie.

  3. Ja, Tukkies en omgewing het ongelooflik baie verander. Dis soos om in ‘n nuwe stad te wees… nie lekker nie, maar deel van die lewe. Ongelukkig.

  4. Alles verander MOS by die dag, en op my ouderdom kan ek nie meer byhou nie.

  5. Dit was maar net n dag vol nostalgie. Dit gebeur en is soms ook nodig om te gebeur

  6. Het julle n lekker trip gehad Lou

  7. die eerste besoek aan daardie omgewing na jare se afwesigheid was vir my net so ontnugtering

  8. avega het gesê op September 23, 2012

    Ek moet ook nog op die Gautrein ry. Alles verander mettertyd.

  9. Ek behoort so voo einde volgende maand in Joeburg te arriveer…dalk dan die trein doen…weetie hoeveel stasies is daar oppad Joeburg toe nie…

  10. Hoekom is dit nie lekka by die Tuks nie?Nie genoeg dik, dwelmbenewelde Wit gevrete nie…of?

  11. verandering neem mens se sekuriteit weg,maar mens moet aanpas.

  12. Van die lughawe af is dit Rhodesfield,Marlboro,Sandton en dan Rosebank en Parkstasie.

  13. mens het ‘n idee in jou kop en skielik lyk alles anders.Dit voel half of jy mal geword het.

  14. Die trein is skoon en netjies en daar is vreeslik baie sekuriteitswagte.Mens voel baie veilig.

  15. Jys reg,dit het sommer gebeur!Maar toe verlang ek na my ouers en kleintyd en die trane stroom sommer agter my donkerbril!

  16. Mens moet net byhou,anders val jy van die wa af!

  17. So gaan dit met meeste plekke deesdae.Daaris mos nie ‘n kultuur van bewaring in SA nie.Ou statige geboue en huise moet in die stof byt vir moderne monsters en parkering!

  18. Is dit vir jou geweldig lekker om ander mense seer te maak?Op jou ouderdom behoort jy nou mos al die lig te gesien het.

  19. Dis darem soos ‘n tipe kopskoonmaak.Die emosies was net so onverwags.Gewoonlik is ek baie nugter,maar die keer het iets net gebeur.

  20. As jy die slaap uit jou benewelde ogies gevee het, Francoistjie, dan lees jy weer: die VERANDERING is nie lekker nie. ‘n Mens wil ‘n PLEK graag hou soos wat jy dit onthou, maar ongelukkig is dit nie moontlik nie. ‘n Verdere notatjie – as jou lewe om rassisme en rassistiese verwysings gaan, is dit nie noodwendig so vir die res van die wereld nie. Get over yourself en kyk bietjie hoe dinge dan anders sal lyk.

  21. Goed gesê Katrina!Die vent het ‘n helse tjip op sy skouer.Hy is soos ‘n dinosaurus wat nie uit sy oerslaap kan kom nie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.